Vrou in motor doodgeskiet toe sy tuis kom

(Argieffoto: Kent Williamson)

Die polisie in Welkom in die Vrystaat is op soek na drie verdagtes nadat ’n 47-jarige vrou in haar motor doodgeskiet is kort nadat sy tuis gekom het.

Volgens sers. Sinah Mpakane, polisiewoordvoerder, het die vrou omstreeks 19:00 Dinsdag by haar huis in die Dagbreek-woonbuurt aangekom. Drie mans het haar by die hek ingewag.

“Een van die verdagtes het na bewering die hek oopgehou terwyl die ander twee die vrou na die binnehof gevolg het.”

Die motor se ruit is stukkend geslaan en die verdagtes het glo geld van die vrou geëis. Die vrou het die motor in trurat geplaas en probeer wegkom waarna die mans op haar geskiet het. Sy is noodlottig gewond en die verdagtes het daarna op die vlug geslaan.

Die polisie ondersoek sake van poging tot roof en moord.

Enigiemand met inligting oor die voorval word versoek om sers. Tsie Matlokotsi by 078 758 5658 of Stop Misdaad by 08600 10111 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Papsak ·

Gemors waar was die wit warm polisie mag laat hulle haar nie kon help nie

Jessica ·

Cele moet waai, maar wie gaan hierdie wreedheid verhoed. Om van een ontslae te raak om met n ander hanswors te vervang is geen oplossing nie. Hoeveel van ons polisie is bevoeg om met vuurwapens te werk. Ons regering kan gerus goedkoper karre koop en meer geld spandeer aan polisie en verpleegsters se opleiding. In my opinie moet onderwysers, verpleegsters en polisiepersoneel van die hoogsbetaalde posisies wees. If you pay peanuts, you get … daai woord wat ons nie meer mag uiter nie.

Miena ·

Ek wil net graag weet hoe weet die polisie dit??? “Drie mans het haar by die hek ingewag. Een van die verdagtes het na bewering die hek oopgehou terwyl die ander twee die vrou na die binnehof gevolg het.” Is daar enige ooggetuies wat dit bevestig het, is daar enige CCTV gewees waarop dit kon bevestig word? Ek vra net. Help my dit verstaan of is dit duimsuig maar van ons manne in blou om te laat klink dat hulle alreeds iets weet van die misdaad wat gepleeg is of hoe dan?

gpsa ·

Onwettige en wettige buitelanders stroom die land in wat werk van plaaslike mense wegvat en dan armoede en misdaad bevorder. Hoeveel kelners in Gauteng is nog SAners? Almal vanaf Zim. Hoeveel trok drywers, tuiniers ens ens.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.