Vrou, kinders sterf op N14

Die ongelukstoneel op die N14. (Foto: Twitter)

’n Jong vrou, ’n jong seun en ’n baba is Donderdag tydens ’n gru-ongeluk op die N14 in Centurion in Gauteng dood.

Dertien ander is tydens die ongeluk beseer. Onder die beseerdes is twee babas wat albei kritieke beserings opgedoen het en met ’n lugambulans hospitaal toe gevlieg moes word.

Kyle van Reenen, woordvoerder van Emer-G-Med, sê paramedici is Donderdag omstreeks 08:30 na die ongelukstoneel naby Knoppieslaagtestraat ontbied.

Die ongelukstoneel op die N14. (Foto: Twitter)

“Paramedici is met hul aankoms op die toneel deur absolute chaos begroet, met die wrak van ’n dubbelkajuitbakkie wat op sy dak oor die breedte van die pad gelê het,” sê Van Reenen.

’n Vrou (24), ’n 12-jarige seun en ’n eenjarige babaseuntjie is op die toneel dood verklaar.

Gevorderde lewensondersteunende ingrypings moes ook op twee babas in ’n kritieke toestand op die toneel toegepas word. Die babas is eindelik gestabiliseer en met ’n lugambulans na spesialishospitale gevlieg vir verdere mediese behandeling.

Elf ander pasiënte is ook op die toneel behandel en gestabiliseer voordat hulle met ambulanse na nabygeleë hospitale vervoer is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.