Vrou oor mensehandel aangekeer

(Argieffoto)

Patience Precious Abudu (33) is in Strand in die Wes-Kaap in hegtenis geneem op aanklag van mensehandel.

Lt.kol. Siyabulela Vukubi, woordvoerder van die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke), sê twee jong uitlanders is op 16 Desember 2023 uit ʼn huis in George gered ná daar bepaal is dat hulle na Suid-Afrika ontvoer is.

“Lasbriewe vir die inhegtenisneming van twee vermeende verdagtes, verantwoordelik vir die ontvoering, is op 8 Maart 2024 bekom. Op 14 Maart is inligting ontvang dat een van die gesoekte verdagtes in Strand, Kaapstad is.”

Die Valke het die inligting opgevolg en Abudu in hegtenis geneem.

Sy het op 15 Maart in die George-landdroshof verskyn. Die saak is tot 19 Maart uitgestel sodat die hofdatum vir die aansoek om borgtog bepaal kan word.

Sy bly in aanhouding.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Ronél ·

Ek verstaan nie hoe kinders aan sulke gevare blootgestel moet word nie???

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.