ʼn 32-jarige vrou sal Maandag in die Vredenburg-landdroshof verskyn in verband met die verdwyning van die sesjarige Joslin Smith.
Lees meerAlles vir Sondag 17 Maart 2024
Die rugbyglas is half vol vir Steve
“Ons is nie vanaand geklop nie, ons wedstryduurglas het net leeggeloop,” het Engeland se Steve Borthwick gesê nadat sy span met 33 – 31 teen Frankryk verloor het.
Die week in foto’s
Kyk saam na die week se gebeure in foto’s.
Vermiste skipper se uitgebrande boot gevind
ʼn Skiboot wat Saterdag in Sodwana verdwyn het, is Sondag uitgebrand gevind in die omgewing van Dobela aan die Mosambiekse kuslyn.
‘Jantjies kom huis toe’, sê Theodore oor Kaap-skuif
“Hier is ʼn sinergie tussen die mense wat ek nie kan beskryf nie. Ek glo eintlik dat dit die resep vir alle televisieproduksies moet wees.”
Interdik bekom teen diegene wat MyCiTi-projek vertraag
“Ek wil almal waarsku dat die stadsraad van Kaapstad nie sal swig voor dreigemente of pogings om geld uit te buit van ons of ons kontrakteurs nie. Ons bly daartoe verbind om diens te lewer aan Kapenaars en ons sal doen wat ook al nodig is om seker te maak ons infrastruktuurprojekte bly op koers.”
Gee ons meer wedstryde, vra topvrouespeler
“Ons moet doodeenvoudig teen die beste speel as ons die beste in die wêreld wil word,” het Libbie Janse van Rensburg gesê nadat sy twee toekennings by SA Rugby se prysuitdelingfunksie ontvang het.
Passiespel bring gemeenskap in Hermanus byeen
“Ons wil aan elkeen wat die Passiespel bywoon hoop en ʼn verwagting oor die toekoms bied.”
Waterstelsel onder erge druk in Jhb
Die vraag is tans groter as die aanbod, het die Johannesburgse stadsraad in ʼn verklaring gesê.
Kliniek bied verligting vir Zimbabwiërs
Zimbabwe se staatsgesondheidstelsel het byna heeltemal ineengestort ná jare se wanbestuur, te midde van ʼn tekort aan fondse, personeel, medisyne en toerusting.
Foto’s: Kom kuier in die Franse Alpe se Val d’Isère
Val d’Isère in die Franse Alpe word gereken as een van die beste skibestemmings in die wêreld en as jy nog altyd van ʼn wit Kersfees droom, is ʼn besoek aan dié dorpie ʼn moet.
Vrou oor mensehandel aangekeer
Patience Precious Abudu (33) is in Strand in die Wes-Kaap in hegtenis geneem op aanklag van mensehandel.
Bokke teen die Iere: Fort Loftus en Kingspark kan die verskil wees
Die Iere het Saterdagaand in Dublin die kroon gespan toe hulle hul vyfde Sesnasieskroon in 11 jaar gewen het, maar is dit genoeg om die Springbokke in die reeks van twee toetse in Julie te klop?
Ervare Wessels gereed vir nuwe Saru-uitdaging
“Die aanstelling van Dave Wessels bereik twee doelwitte: Dit laat Rassie (Erasmus) onder meer toe om uitsluitlik op die nasionale span te konsentreer, terwyl hulpbronne ook geskep word om beter ondersteuning aan ons ander spanne te bied.”
Skipper en skiboot verdwyn by Sodwana
Daar is tekens dat vuilspel plaasgevind het, alhoewel die NSRI hoop dat dit nie die geval is nie.
Carlos knip Jannik se wenlopie kort
“Dit is altyd spesiaal om teen Jannik te speel. Ons weet dat ons op ons heel beste sal moet wees om te wen. Ons moet met ons rakette toor en met ongelooflike punte vorendag kom.”
103-jarige vrou ry nou fiets ná rybewys verval
“Ek sal vir Giose eerder ʼn medalje gee as ʼn boete. Dis ongewoon om soveel innerlike krag te hê. Dit gee my hoop vir my eie oudag!”
Wes-Kaap blink uit in munisipaliteit-graderings
Die Wes-Kaapse regering en DA-geleide munisipaliteite in die provinsie het uitgeblink in die jongste regeringsprestasie-indeks (RPI)-verslag.
Kate, ʼn kiekie en ʼn KI-krisis
Wat ʼn eenvoudige Moedersdagkiekie van prinses Catherine en haar drie spruite moes wees, het nie net in samesweringsteorieë oor haar gesondheid ontaard nie, maar boonop grootskaalse debatte oor die toenemende implikasies van kunsmatige intelligensie ontlok.
21 sterf toe bus olietenkwa, motorfiets in Afghanistan tref
Minstens 21 mense is Sondag dood en 38 beseer in Afghanistan toe ʼn bus ʼn olietenkwa en ʼn motorfiets getref het.