Die week in foto’s

Ecuador: ʼn Likkewaan (Amblyrhynchus cristatus) swem in die groenblou water van die Santa Cruz-eiland. Greenpeace het ʼn beroep gedoen vir ʼn beskermde marinesone ingevolge ʼn nuwe VN-verdrag om ʼn groter gebied rondom die beroemde Galápagos-eilande van Ecuador te beskerm. (Foto: Ernesto Benavides/AFP)

Duitsland: ʼn Porsche Macan-model word by Porsche se aanleg in Leipzig, Oos-Duitsland, aanmekaargesit. (Foto: Ronny Hartmann/AFP)

VSA: Die Amerikaanse sangeres Becky G tydens ʼn uitvoering van “The Fire Inside” uit Flamin’ Hot tydens die 96ste Oscar-toekennings in die Dolby-teater, Kalifornië. (Foto: Patrick T. Fallon/AFP)

Argentinië: ʼn Oorstroomde straat in Avellaneda, Buenos Aires, nadat swaar reën in die gebied geval het. ʼn Man het Dinsdag in Argentinië gesterf te midde van die ontwrigtende weer wat ook tot gevolg gehad het dat vlugte vertraag is en ondernemings gesluit moes bly. (Foto: Luis Robayo/AFP)

Verenigde Koninkryk: Viking, die Australiese herdershond, is as die wenner aangewys by die Crufts-hondeskou in Birmingham in Engeland. (Foto: Oli Scarff/AFP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Wondermaarnet ·

Pragtige fotos. Ek geniet dit om op ‘n Maandag oggend die week se fotos te sien.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.