ʼn 21-jarige vrou het Maandag in die Meadowlands-landdroshof in Gauteng verskyn nadat sy glo haar kêrel se geslagsdeel afgesny het.
Volgens konst. Sibusiso Chauke, ʼn polisiewoordvoerder, het die vrou Sondag na bewering haar kêrel met ʼn ander meisie in Soweto betrap en hulle albei beveel om hul klere uit te trek.
“Sy het daarna glo ʼn mes gevat en haar kêrel se penis afgesny. Sy is dieselfde dag nog in hegtenis geneem,” het Chauke gesê. Die kêrel is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir behandeling.
“Die vrou het Maandag in hof verskyn, maar kon nie die R2 500 borgtog betaal nie. Sy bly in aanhouding totdat sy weer op 23 Oktober in die hof moet verskyn.”
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
15 Kommentare
Dalk kan die dame suksesvol tender vir die besnydenisdiens in die Oos-Kaap.
Maroela, wat was fout met die kommentaar wat ek gelewer het ??? Plaas dit en laat die lesers besluit of daar iets verkeerd is…………..
HIEHIEHIE U GO GIRL!!!!!!!!!!!!
As iets jou pla, sny dit af!!
Hehehe kry vir jou, jou springhaas!