‘n Babaseuntjie wat glo in Kempton Park aan die Oos-Rand ontvoer is, is Dinsdag veilig by sy biologiese ma opgespoor, het die polisie in Gauteng gesê.
Lees meerAlles vir Dinsdag 8 Oktober 2013
Nuwe $100-noot vir Amerika
Die Reserwebank in Amerika sal Dinsdag ‘n nuwe $100-noot in dié land vrystel.
DA-oorwinning rakende Nkandla
Die Wes-Kaapse hooggeregshof het Dinsdag ‘n versoek deur die Demokratiese Alliansie rakende ‘n verslag oor opgraderings by pres. Jacob Zuma se tuiste in Nkandla, as dringend verklaar.
FlySafair in die hof gestuit
Die Noord-Gautengse hooggeregshof in Pretoria het Dinsdag ‘n interdik teen die nuwe laekoste-lugredery, FlySafair, toegestaan.
Kaapstad spog met 8 Blou Vlag-strande
Agt strande in Kaapstad het Dinsdag die gesogte Blou Vlag-toekenning ontvang.
Woef het emosies soos jy
As Woef baie bly is as jy by die huis kom, of vir hom ‘n stukkie biltong afkerf, is dit omdat hy emosies net soos jy het.
“SMS-veldtog is kwaadwillig,” sê PTA-stadsraad oor naam
Die Tshwane-stadsraad van Pretoria het Dinsdag bevestig dat hulle nie die beplande openbaredeelnamevergadering op 12 Oktober gaan hou om die verandering van Pretoria se naam te bespreek nie.
Video: Leerlinge beskuldig beheerliggaam van rassisme
Skoliere en lede van die ANC, SAKP en Cosatu het na die Hoër Volkskool in Heidelberg in Gauteng opgeruk.
Fietsryer tref sleepwa, sterf
ʼn Fietsryer is Maandagaand dood nadat hy teen ʼn sleepwa, wat deur ʼn bakkie gesleep is, vasgery het. Die voorval het in Kimberley plaasgevind.
Video: Stop ‘ras-tellende’ aksie, stop kwotas
Die vakbond Solidariteit het Dinsdag ʼn video vrygestel as deel van sy veldtog teen ‘ras-tellende’ aksie.
MRK gaan SAL se kadetprogram ondersoek
Die Mensregtekommissie (MRK) gaan die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) se omstrede kadetprogram ondersoek, het die vakbond Solidariteit Dinsdag bekendgemaak
“Klop stormloop vir e-tolskyfies,” sê Sanral
Die Nasionale Padagentskap (Sanral) het Dinsdag ʼn beroep op Gautengse motoriste gedoen om so gou as moontlik vir e-tolskyfies te registreer om ʼn stormloop te vermy wanneer die e-tolstelsel in werking tree.
Noord-Korea dreig VSA weer met “vreeslike ramp”
Noord-Korea het die VSA met “rampspoedige gevolge” gedreig en al sy weermageenhede op die hoogste vlak van gereedheid geplaas.
Secunda-“tornado” net ʼn foefie
Gerugte en ʼn foto wat op sosiale media die ronde doen dat Secunda in Mpumalanga laat Maandagmiddag deur ʼn tornado getref is, is net ʼn foefie.
Clarens-bejaarde dood aangetref
Daniel Meyer Wybenga (69) is Maandag dood aangetref in sy huis in die rustige toeristedorpie Clarens in die Vrystaat.
Pretoria-naamvergadering van die baan ná derduisende SMSe
AfriForum het verneem dat die Tshwane-metroraad besluit het om die openbaredeelnamevergadering oor die verandering van Pretoria se naam te kanselleer, nadat ‘n veldtog ter behoud van Pretoria se naam oorweldigende steun van die publiek ontvang het.
Vier ANN7-opleiers moet land verlaat
Vier buitelanders wat werknemers van die Gupta-familie se ANN7-nuuskanaal opgelei het, is beveel om Suid-Afrika te verlaat, het Beeld Dinsdag berig.
Drie artse deel Nobelprys vir Geneeskunde
Drie geneeshere van die VSA deel vanjaar se Nobelprys vir geneeskunde wat Maandag bekend gemaak is.
Vuishou-leerling vandag verhoor
ʼn 14-jarige seun van Laerskool Jim Fouché in Johannesburg wat verlede week sy onderwyseres met ʼn vuis in haar gesig geslaan het, word vandag dissiplinêr verhoor.
Leerling by skool met mes doodgesteek
ʼn 17-jarige seun is Maandag tydens ʼn geveg by sy skool in Randfontein, Gauteng doodgesteek.