Vrou sterf ná veghonde haar aanval

Lees ook:
Veghond-aanval: Vrou se naam bekend

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Vrou is Donderdag in Baysville, Oos-Londen dood nadat veghonde haar aangeval het.

“Die 45-jarige vrou het omstreeks 23:30 saam met vriende in die straat geloop toe sy aangeval is,” het kapt. Stephen Marais, woordvoerder van die polisie in die Oos-Kaap, gesê. “Dit is nog nie duidelik hoeveel honde haar aangeval het nie, want daar was twee volgroeide en twee klein veghonde in die erf.”

Die vrou is op die toneel dood verklaar.

Die Dierebeskermingsvereniging (DBV) is ontbied om die honde te verwyder.

Die polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.