Vrou vas ná dood van kêrel op plaas

Argieffoto ter illustrasie.

ʼn 27-jarige vrou is in hegtenis geneem ná die dood van haar kêrel op ʼn plaas naby Tzaneen in Limpopo.

Die polisie van Haenertsburg, ʼn plekkie net buite Tzaneen, het die vrou Saterdag in hegtenis geneem ná ʼn voorval vroeër die dag op die plaas.

“Die oorledene, ʼn 41-jarige man, was na bewering saam met die verdagte in sy kamer in ʼn werkershuis op die plaas toe die twee stry gekry het. Die verdagte het toe glo onverwags ʼn skerp voorwerp uitgepluk en die man daarmee gesteek,” het kol. Moatshe Ngoepe, polisiewoordvoerder van Limpopo, gesê.

“Die slagoffer het ná die voorval na buite gestruikel en daar om hulp geroep voordat hy aan sy beserings beswyk het.”

Volgens Ngoepe het lede van die plaaslike gemeenskap die man om en by 02:30 hoor skree en uit hul huise gekom om die man in ʼn plas bloed buite sy huis aan te tref. “Die verdagte is deur een van die lede van die gemeenskap oorval en die wapen is by haar afgeneem.”

Die polisie is ontbied en die man is op die toneel dood verklaar. Die vrou is onmiddellik in hegtenis geneem. “Die polisie glo die motief vir die moord is huishoudelike geweld.”

Die verdagte sal Maandag in die plaaslike landdroshof verskyn.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Skalla ·

Veronderstel om te wees. Maar op rekord is dit huishoudelike geweld, mans is mos nie slagoffers nie. Die tipe oortredings word net deur mans gepleeg. Hoop hulle maak n voorbeeld van haar!

Dawie ·

Moontlik, maar nie noodwendig nie. Net miskien mishandel hy haar nou al vir so lank so gereeld dat sy besluit het dis nou genoeg.

Mariana ·

Mense is regtig mal. Dis nou maklik om iemand sommer net met mes of iets te steek of met baksteen dood te slaan. Maar waar gaan dit als eindig. Daar is elke dag berigte van moord, oor simpel goed waaroor mense stry en baklei. Ons regstelsel is ook swak en mense kom letterlik weg met moord.

jzjz05 ·

n Oumens het een dag vir my gesê ,liefde verdrae geen onreg nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.