ʼn Vrou is in Dobsonville in Soweto in hegtenis geneem nadat sy glo op haar getroude kêrel geskiet het.
“Die 30-jarige vrou het glo probeer om haar kêrel Woensdagaand te skiet nadat die twee baklei het omdat hy Kersfees by sy vrou wou spandeer,” het ao Kay Makhubela, woordvoerder van die polisie, gesê. “Die man wou vir Kersfees na sy vrou toe gaan. Die meisie het geweier en hulle het begin stry. Die man het sy sak gepak, maar die meisie het hom voorgekeer. Sy het ʼn vuurwapen te voorskyn gebring en op hom geskiet, maar gemis.”
Volgens Makhubela het die man na die polisie toe gehardloop en die vrou is in hegtenis geneem. “Die vrou is met die vuurwapen betrap wat nie aan haar behoort nie. Die vuurwapen behoort aan ʼn vriend van haar wat ʼn polisieman is.”
Die vrou staan ook tereg op aanklag van die diefstal van ʼn vuurwapen, aangesien sy glo die vriend se vuurwapen geneem het sonder sy toestemming. Sy sal Maandag in die Protea-landdroshof verskyn.
En ek glo vas dat as dit blankes was sou die blanke polisieman ook in groot moeilikheid gewees het! Daarom moet die polisieman ten minste vir nalatigheid aangekla word!