Vrou vas vir moord op kêrel

Argieffoto. (Foto: Miguel Roberts/The Brownsville Herald via AP)

’n Nege-en-dertigjarige vrou verskyn Maandag in die landdroshof in De Aar in die Noord-Kaap nadat sy die afgelope naweek vir die moord op haar kêrel in hegtenis geneem is.

Volgens brig. Mohale Ramatseba, woordvoerder van die polisie in die Noord-Kaap, het die verdagte die oorledene met ’n mes in die bors gesteek.

Die liggaam van ’n 42-jarige man is Saterdagoggend omstreek 01:30 langs Moerbei-straat in Kareeville in Sunrise, digby De Aar, gevind. Die man is op die toneel deur paramedici dood verklaar.

Die verdagte is deur die Sunrise-polisie in hegtenis geneem vir die moord op die man wat glo haar kêrel was. Die motief vir die moord is nog nie vasgestel nie.

Ramatseba sê die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Judge Dredd ·

Ons betreur die geweld wat in SA plaasvind maar veral die geweld wat spesifiek teen mans plaasvind.

Hoekom Is daar geen uitspraak oor geslagsgebaseerde geweld van NGO’s en politici ?

chrisjan ·

Sy gaan net se hy wou haar verkrag en dis die einde van die saak.

Abe ·

Ek wonder ook of daar nog geen nuus is oor die moordsaak van Xander Bylsma wat vandag hervat sou word nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.