Vrou vermoor tiener glo in bad kookwater

polisie-huisroof-crime

Argieffoto: SAPD/Facebook

’n Vrou is Dinsdag in hegtenis geneem op aanklag van moord toe sy ’n familielid se dood by ʼn polisiestasie in Pretoria aangemeld het.

Die vrou (32) het aangevoer dat die familielid (17) kwansuis selfmoord gepleeg het, maar polisiebeamptes het onraad vermoed.

Volgens kapt. Daniel Mavimbela, woordvoerder van die polisie, het die vrou en die tiener glo gister stry gekry in hul woonstel in Sunnyside waarna die vrou die tiener na bewering in ʼn bad kookwater forseer het.

ʼn Voorlopige polisie-ondersoek dui daarop dat die tiener brandwonde oor haar liggaam opgedoen het. ʼn Nadoodse ondersoek sal egter die presiese oorsaak van die tiener se dood bevestig, het Mavimbela gesê.

Een van die polisiebeamptes op die toneel wat die tiener se liggaam in die bad aangetref het, is “geskok en platgeslaan”, het Mavimbela gesê.

Polisiebeamptes sal na verwagting verskeie beradingsessies bywoon om die trauma van dié misdaadtoneel te probeer verwerk.

Die vrou sal vandeesweek nog in die Pretoria-landdroshof verskyn op aanklag van moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

willem Botha ·

Berading, nogal verskeie sessies,pleks leer hulle om hulle werk te doen soos dit gedoen moet word dan sal mense nie so maklik ander doodmaak nie.

Colleen ·

Daar is 40miljoen wat in SA afgryslike dade goedpraat en goeddink en doen. Dit is realiteit.

Pieter du plessis ·

Arme,arme polisie sal hulle ooit oor dit kom,ek wil net sê sterkte .

NNNN ·

Jare terug het die seuns van 17 en 18 oorlog gevoer op ons grense wrede lewe ervaar polisie het ook trauma ghad maar geen berading ooit ontvang nie, nou vir een moord toneel kry hulle berading………paar sessies af van die werk en dan nog moontlik kort kort af siek agv die ervaring, shame……

Gaitsigubib ·

Waar is hierdie huise waarvan jy praat? Het jy n adres?

Skerpioen ·

Ek weet vir die blankes wat die trauma van plaasmoorde gespaar is sal sê hierdie storie is al hol rug gery. Maar nog nooit ek ek gelees van polisie beamptes wat moes berading ontvang agv die moord toneel wat hulle gesien het na n plaas aanval nie. Dis nie “skoon” moorde nie. Meeste van die plaas moorde gaan met uiterste geweld en marteling gepaard. Maar ja ek voel jammer vir die meisie se familie. Nie alle tieners is maklik nie… vra my. Maar dis nogsteeds nie n rede om n kind van 17 te moor nie.

willem botha ·

My oupa het altyd gesê gou by die bak maar lui by die vak,of in hierdie geval lui by die werk maar gou by berading.

TEE ·

MY SKOON SUS, HET JARE TERUG GESE, DAAR TOE DIE PA IN DIE BYBEL SO BEREID WAS OM DAARDIE SEUN TE OFFER! SY HET GESE DAARDIE SEUN WAS IN ST 7, BLYKBAAR N MOEILIKE!!! STADIUM DIE ST 9, OUTYDS, NOU GR 9I

Sê maar net ·

Die mens het mal geword!
Jy kan die gedrag nie eers van ń dier verwag nie.

Anoniem ·

Hoe op die aarde kry ‘n ‘mens’ dit reg om so-iets te doen ! ??????????

Michelle ·

Dit is afgryslik ek vertrou die persoon sal hulp by die berading kry maar jy sal so iets nooit vergeet nie dis nie siek nie dis duiwels die vrou moenie eers vir waarneming gaan nie sy moet vir moord aangekla word en gaan sit sodat sy permanente kan gaan dink in ellende hoe sy dit aan ‘n onskuldig tiener kon doen . Sy mag nie eers parool kry nie

sweis ·

Mense dit is sad maar waar ,iemand sê die polisie moet sunnyside raid ,die polisie is nie in beheer van die plek nie die nigeriërs is en die klomp wat die wet moet handhaaf doen niks omrede hulle onbevoeg,is en betaal word deur die Nigeriërs.

Santjie ·

Dis die eerste keer dat ek hoor iemand “pleeg selfmoord” in ‘n bad kookwater! Geen mens, hoe moeg vir die lewe of omstandighede in sy of haar lewe, sal in kookwater klim nie.

jakes ·

Die slagoffer moes haar aanvaller saam met haar in die bad ingetrek het. Sunnyside het n hool geword vir kriminele. Sunnyside verteenwoordig die hele Afrika want daar bly seker meer as n miljoen onwettige immigrante. Die meisie moes n aaklige dood gesterf het. Hoop die skuldige boet.

thelsa ·

Hoe het die persoon dit reggekry om die tiener lank genoeg onder of in die water te hou sonder om self brandwonde op te doen ???

hercu ·

ek het Nasionale Diensplig gedoen, was op die grens in Suidwes en by Moord & Roof in SAP en het nooit berading gekry nie – ek dink die mens van vandag is te “saf” soos my ouma sou gesê het!

Attie. ·

Bring die doodstraf terug…dis al wat sal help. Maar moordenaarregte staan in die pad.

Willie ·

Wat n skokkende verslag, SA is soos n “Horror Movie”. As mens alles lees klink dit so onwaar.

Hoe? ·

Hoe kry mens genoeg water gekook in ‘n woonstel om ‘n bad vol te maak?

Herman Goosen ·

Jammerte dat die publiek wat nie deur die polisie beskerm word nie nie ook trauma ondersteuning kry nie. Watse polisie beamptes is hierdie?
Wonder of Paramedici ook na elke ongeluk weke lank trauma berading kry?

Elsa Wessels ·

Die tiener was waarskynlik reeds dood / katswink /bewusteloos geslaan toe sy in die bad kookwater gesit is . . . en die vrou dit as selfmoord probeer verbloem het?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.