Kol. Thembeka Mbhele, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn 43-jarige man, sy skoonma en ander familielede was by hul huis in Westville toe hulle omstreeks 21:25 gesien het hoe twee mans probeer om ʼn deur van die huis oop te dwing.
“Die man en sy skoonma het opgespring en die deur toegedruk, terwyl hulle die ander familielede opdrag gegee het om weg te kruip,” het Mhele gesê. “Die verdagtes het losgebrand en die vrou doodgeskiet. Die man het ook skietwonde opgedoen.”
Volgens Mbhele het die verdagtes ʼn selfoon geroof en te voet van die toneel gevlug. Die man is na ʼn hospitaal gehaas.
Sake van moord, poging tot moord en huisroof word deur die Westville-polisie ondersoek. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.
En dit alles vir ‘n selfoon? Wat gaan in ons land aan? Arme familie, innige simpatie.
Wat aangaan is ons sit en wag vir beter daemwat nie gaan kom nie. Ons moet onderhandel met die regering vir ons eie land waar ons veiligheid ernstig gaan opneem.
Elke liewe dag is dit net Moord en op weerlose mense. Dit alles vir ‘n selfoontjie, maar die buitewereld word heuning gesmeer hoe veilig dit is in hierdie demokratiese land. Wat ‘n grap!! Die krimineel word beskerm met sy eie werkskeppings en verrykings projek.
Vaderland, dit hou net nie op nie!!! Sterkte vir jul ouens daar in SA.
Baie dankie. Ons het dit nodig.
Die moeder is n heldin.
Yankee kan jy hierdie tipe nuus en plaasmoorde daar in Amerika versprei na die regte mense toe? Asseblief?
Ek het gelees dat die VSA, Brittanje en die EU sanksies teen SA gaan instel oor die plaasmoorde en grondgryppinge.
En sommer ook hoe dat hulle nou sommer terwyl die mense op en wakker in die huis is en probeer keer, steeds binnetoe dwing. Geen vrees, geen gevoelens.
Waneer gaan daar iets gedoen word aan die laks polisie wat nie hulle werk doen nie maar bakhand staan vir hulle salaris aan die einde van die maand.
Ondersoek,ondersoek dit is al wat mens hoor wat van misdaadvoorkoming om te ondersoek het mens iets tussen die ore nodig.
En so hou die moorde en misdaad in die nuwe Suid-Afrika aan. Die huidige regering is te sleg om misdaad hok te slaan. Die polisie is korrup, en jy as landsburger is uitgelewer aan die aanvalle op jou en jou gesin se lewe en eiendom. Niks sal verander nie. Inteendeel dit gaan net erger word. My empatie met die vermoorde en haar gesin. Daar sal geen nasie bou wees, totdat daar erken word dat die wit minderheid, geteiken word nie, of dit nou op die plase is of die stede, en dorpe. Die liberaliste onder ons sal eers wakker skrik, as hulle eie kinders en vrouens vermoor en verkrag word. Ek sal nooit die ANC vertrou nie, nes hulle seker ook nooit die blanke sal vertrou nie.