Vrou voor dogter doodgeskiet

polisie-huisroof-crime

(Argieffoto: SA Polisie)

ʼn 38-jarige vrou is Woensdag in haar erf in Phalostraat in Gqeberha (Port Elizabeth) voor haar dogter doodgeskiet. Die polisie vermoed dat dit ʼn sluipmoord was.

Volgens kapt. André Beetge, polisiewoordvoerder, het die slagoffer, Bulelwa Mene, omstreeks 16:45 by haar huis gestop nadat sy van haar werkplek af teruggekeer het. Mene se 15-jarige dogter het haar by haar motor ontmoet toe twee verdagtes hulle glo genader het.

Beetge sê die verdagtes het die dogter beveel om in die motor te klim, waarna een van die verdagtes haar ma in die kop geskiet het.

Die dogter is ongedeerd agtergelaat en niks is van die slagoffers geroof nie. Die verdagtes het met ʼn silwer Toyota Tazz van die toneel af gevlug.

Die polisie is steeds op soek na die twee verdagtes en versoek lede van die publiek om na vore te kom met inligting wat met die ondersoek sal help. “Enige persoon wat die polisie met hierdie ondersoek kan help, kan lt.kol. Willie Mayi van die Oos-Kaapse provinsiale eenheid vir georganiseerde misdaad by 082 697 5914 kontak.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Misky ·

Shame, dit moes vreeslik traumaties vir die dogter gewees het. Sterkte aan haar

Kokerboom ·

Wrede land!! Wat kan mens verwag in ‘n land met verfoeilike plekname? Voel asof ons op ‘n ander planeet leef! ASB MM die lelike naam is nog NIE goedgekeur!!!!!

Cherokee ·

‘Die polisie vermoed dat dit ʼn sluipmoord was.’
Ag seblief, wat anders kon dit wees? As julle ‘vermoed’ dat dit ‘n sluipmoord was, behoort daar ander moontlikhede ook te wees? Miskien bloot ‘n komunikasie probleem.

Nita ·

Die arme kind. Daar is soveel wreedheid in hierdie lewe van ons. My hart breek vir haar en hulle geliefdes.

Anton J ·

Dit kan net traumaties wees so voor die kind. Maar was enige iets geroof? Indien nie, wie sit hier agter en wat was die motief?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.