Vrystaat-boer buite plaashek geskiet

Argieffoto: Nico Strydom

Argieffoto: Nico Strydom

ʼn Boer van die Vrystaat is Dinsdagoggend reg buite sy plaas in die Boshof-omgewing geskiet.

Konst. Mosili Ntsika, woordvoerder van die polisie, het gesê Dougie Pope is omstreeks 08:30 by die ingang na sy plaas geskiet. “Ons het baie min inligting sover, maar Pope was glo besig om die hek van sy plaas oop te maak toe hy uit ʼn verbygaande motor geskiet is,” het sy gesê.

“ʼn Wit motor met drie swart mans was glo betrokke, maar ons weet nie watter soort motor dit was nie. Pope kon daarin slaag om terug te strompel in die plaas in en sy seun te roep wat met hom hospitaal toe gejaag het.”

Ntsika kon nie bevestig waar Pope geskiet is of hoe ernstig hy beseer is nie. Die polisie ondersoek die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Winston ·

Net omdat hy n wit boer is. Rassehaat. Kan nie meer die regering blameer nie.
Hulle keur dit stilswyend goed. Ramaphoza sê mos hulle laat hulle nie deur howe beheer nie. (ANC)

Kaspaas ·

Verskoon die engels maar dit is tyd om n spade n spade te noem. Dit is niks anders as Genocide.

Lynette ·

Ek wonder hoekom plaas julle nie my vraag? Waarom dink julle is zoempie so lief vir Al-Basjir?

SNEL ·

Dis vreeslik, kan nie eers net kom en gaan soos hy wil nie, word sommer net so oor geen rede geskiet. Kan n witvel nou so n vreeslike bedreiging wees? Ons is dan reeds in die minderheid. Ai, sal dit ooit beter raak of is ons land op n afdraendepad sonder remme?

Knersus D ·

Baie dankie Maroelamedia!! ” ‘n wit motor met 3 swart mans” – great, dis ‘n eerste. Dankie!

neelsie ·

Die Anc verhef hulself bokant die wet en ook die Skepper.
Speel met vuur……..!
Ons God word nie bespot nie!!

Christie Joubert ·

Ou stortkop het mos gesê, die anc sal regeer tot Jesus weer kom. Wel, ek bid kliphard, elke dag, dat Jesus asseblief tog net moet kom.

pop ·

O, en amper vergeet ek, vanmore op SABC2 het een of ander briljante spreker in die parlement gese daar moet dringend gekyk word na die wapenwet. WANT, aandag almal, die lisensiehouers laat toe dat die wapens in kriminele se hande verval. Whoo-Hoo ek kon ook nie glo sys so slim nie, ne.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.