Vrystaat en Noord-Kaap vies oor seëvierende Bokke nie daar draai

“Siya, Siya, Siya …” Bokkaptein Siya Kolisi wys die gesogte Webb Ellis-trofee aan rugbygeesdriftiges in Durban. (Foto: @lusandakluthuli/Twitter)

Vrystaat Rugby sê hy het die afgelope week “ongekende ongelukkigheid en teleurstelling” van oral ervaar nadat SA Rugby (Saru) besluit het dat dié provinsie nie in die Bokke se Wêreldbeker-trofeetoer ingesluit word nie.

“Vrystaat Rugby deel die frustrasie en ongelukkigheid en ook die gevoel dat die Springbokke Sentraal-Suid-Afrika moet besoek, veral omdat daar so ʼn groot ondersteunersbasis in die streek is,” het die rugby-unie in ʼn verklaring gesê.

“ʼn Groot aantal Springbokspelers, afrigters, skeidsregters en administrateurs het in hul rugbyloopbane ʼn pad deur die streek geloop en by vanjaar se Wêreldbeker was 11 mense betrokke wat ʼn band met die streek het. Hulle sluit afrigters, spelers en selfs die skeidsregter Jaco Peyper in.”

Die unie sê volgens Saru het hy sy besluit gegrond op die reeds vol program wat die Springbokke moet volg.

Zamani Saul, premier van die Noord-Kaap, het ook sy teleurstelling hiermee te kenne gegee.

“ʼn Landwye Springbok-toer wat nie alle provinsies insluit nie, is onnodig. Ek het die kwessie met die minister van sport en die president van Saru opgeneem,” het Saul gesê.

Durbaniete het in hul duisende opgeruk om die Bokke te ondersteun en inwoners van sentraal-Suid-Afrika is vies omdat hulle nie ook die kans kry nie. (Foto: @lusandakluthuli/Twitter)

“Dit is werklik ongelukkig dat ons mense moet herinner dat ons as provinsie en as mense bestaan.”

Vrystaat Rugby het gesê ná besprekings met Saru en weens druk van die publiek, ondersteuners en die regering, het Saru aangedui dat hy moontlik die Wêreldbeker-trofee en -spelers in ʼn latere stadium na die streek sal stuur.

Die Bokke het Durban Vrydag besoek nadat hulle die vorige dag Bokondersteuners in Pretoria en Johannesburg ontmoet het.

Die Springbokke sal oor die naweek in Oos-Londen en Port Elizabeth, asook Maandag in Kaapstad met die trofee spog.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Henk Ackermann ·

Gatkruip jy weet . Limpopo was ook nie op die lys nie .

Frm ·

Haha is selfs die organisering van wat n fees moes wees n gemors danksy die regering. Aggenee kan niks dan reg werk nie?

Ekke ·

Niks minder as reg!! Bloemfontein en ten minste Upington! ALMAL is ondersteuners.

m ·

Dis baie swak van SARU, ek dink elke provinsie moes ingesluit word, waar het Rassie dan meeste van sy rugby gespeel? In die Vrystaat!!

Swanna ·

Wie die kaptein? “king kolisi” soos hulle hom noem. Rassie is ‘n bysaak. Bloem is te wit.

Linda ·

Ek het regtig gedink dat die Bokke na Bloemfontein toe sou gaan !!

Neels ·

Volgens SA rugby se houdng is die Vrystaat en Noordkaap nie deel van SA nie en ons inwonetd het ook nir die wereldbeker ondersteun nie . Daar is ook nie geld cir hulle in die twee provinsies nie dit is lankal deur die kaders gekorupteer en ontein maar nie herverdeel nie. Dit is ook so met al die ander sport soorte niks wod hier aangebied nie So laay hulle dan maar verby hou en geen ondersteuning van ons in die oekoms verwag nie

Stella barnard ·

Ja wat hou maar verby. Ek sal hule nooit weer ondersteun ni. Meeste vd spelers kom van Griekwas en cheetas mar ons word geskiep. Ek ondersteun van nu af di All Blacks

Pampoen ·

Ek dink die ouens is al moeg gewuif en geprys en joegejuig. As ek hulle was het ek uitgesien daarna om huis toe te gaan, my skoene uit te skop en ‘n vleisie te braai met familie of vriende.

Karin ·

Nee wat, hulle hoef nie “miskien later” in Bloemfontein te draai nie. Dis in elk geval mostert na die maal. Hou verby en blý verby.

Michael P ·

En hulle is tog die Currie Beker Champs. Maar in die Kaap gaan hulle deur ElsiesRiveir hoe belaglik.

jakes ·

Die euphoria na die bokke die WB gewen het raak nou vervelig. Ek woon in JHB en het sedert die eindstryd nog nie weer na video materiaal gekyk of na uitsendings geluister oor die nuwe WB kampioene nie. Die hele storie het n politieke speelbal geword en het n rassistiese aanklank. Rassie Erasmus en sy bestuurspan het goed gedoen en dit was beslis nie Sya Kolisie wat deur sy kapteinskap die WB verower het nie. Ons gesels weer oor 4 jaar wanneer die springbokspan 90% swart sal wees en dan kyk ons of hulle een wedstryd sal wen in die kompetisie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.