Die polisie sê ʼn aanval op enige van sy lede is ʼn aanval op die staat – en dieselfde geld vir enige aanval op sy vierpotige lede.
Lees meerAlles vir Saterdag 9 November 2019
Moorde in aftreeoord: Twee pleit skuldig aan geldwassery
Die twee is gevind met gesteelde selfone wat aan een van die moordslagoffers behoort het.
Egpaar by Ugie op plaas aangeval; aanvallers probeer glo huis afbrand
Die man is glo oorval toe hy buite die huis ʼn draai gaan loop het.
Meer as 300 onwettige immigrante in gebou in Jhb
In een klopjag is meer as 300 onwettige immigrante in ʼn 21-verdieping-gebou in Hillbrow aangetref, het die polisie Saterdag gesê.
Foto’s: Oos-Londen verwelkom Bokke
Geklee in groen-en-goud en gewapen met enigiets van Suid-Afrikaanse vlae tot vuvuzuelas, het hulle langs die strate, op dakke, balkonne en sommer bo-op karre geklouter om die wêreldkampioene te verwelkom.
Lewenslank vir landdros se moordenaars
Landdros Victor Mabunda is op 10 Januarie verlede jaar in die oprit van sy huis in Bronkhorstspruit doodgeskiet. Hy is op dié dag van sy kantoor by die Cullinan-landdroshof na sy huis gevolg en vermoor.
‘Duime vas’ vir matrieks se besigheidstudies-uitslae
Die SOS sê in ’n verklaring die terugvoer wat hy oor die vraestel kry, was dat die vrae alle vlakke van vermoëns getoets het en nie onbekende vrae bevat het nie. Dit het die leerplan ook goed gedek.
Plaasaanvalle: Landelike inwoners nou meer paraat
Mense in landelike gebiede begin tande wys, hulle verdedig hulself en potensiële slagoffers is moontlik meer kundig oor hoe om op te tree.
Gevangene eis vrylating omdat hy vroeër ‘sterf’
Sy regsverteenwoordiger het aangevoer dat Schreiber lewenslange tronkstraf sonder parool opgelê is, maar nie “lewenslank plus een dag nie”.
Township reël eie sekuriteit om polisiewerk te doen
Township-inwoners dra elk R150 per maand by en wagte word R2 000 per maand betaal. Huishoudings wat aan die projek deelneem, word met ʼn plakker geïdentifiseer.
Beurtkrag nie oor naweek verwag
Eskom het wéér bevestig sy tegniese spanne doen alles moontlik om eenhede aanlyn te kry en noodreserwes op aanvaarbare vlakke te hou.
Oupas en oumas word ook vir Kersfees bederf
Die Oupa-en-Ouma-projek bederf bejaardes tydens die Kersseisoen wanneer die meeste families bymekaarkom en tyd saam deurbring.
Vrystaat en Noord-Kaap vies oor seëvierende Bokke nie daar draai
Vrystaat Rugby het gesê ná besprekings met Saru en weens druk van die publiek, ondersteuners en die regering, het Saru aangedui dat hy moontlik die Wêreldbeker-trofee en -spelers in ʼn latere stadium na die streek sal stuur.
Vragmotor, voertuie in Noordwes uitgebrand
Hulle het pale en kabels gekoop en elektrisiteit van die nabygeleë Sibanye-myn daarheen herlei, maar veiligheidsbeamptes van die myn het die kabels ontkoppel en betrokkenes aan die Rustenburg-polisie oorhandig.
Amptenare ‘met dood gedreig’ oor tenders
Sewe mense is in Noordwes in hegtenis geneem vir beweerde intimidasie en afpersing nadat provinsiale staatamptenare glo met die dood gedreig is oor die toekenning van tenders.
Ramaphosa sê SA ‘moeg vir staatsamptenare wat nie werk doen’
“Ons is moeg vir parmantige houdings en staatsamptenare wat arrogant is wanneer mense eis dat hul regte gerespekteer word, dan die vermetelheid het om te sê: ‘As jy nie daarvan hou nie, sleep ons hof toe’,” het Ramaphosa gesê.
Honderde onderwysers skuldig oor lyfstraf
Hoewel lyfstraf jare lank al verbode is in Suid-Afrikaanse skole word dit steeds wederregtelik deur sommige onderwysers toegepas, het Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, in die parlement gesê.
Gedagte vir die dag: Reis, want daar is ’n toekoms
Jy sal altyd ’n toekoms hê. Jou hoop sal nooit beskaam word nie (Spreuke 23:18)