Foto’s: Oos-Londen verwelkom Bokke

Duisende mense het opgeruk vir die Springbokke se trofeetoer in Oos-Londen. (Foto: SA Rugby)

Duisende inwoners van Oos-Londen in die Oos-Kaap het bankvas gestaan om hul Wêreldbeker-rugbyhelde – én die gesogte Webb Ellis-trofee – van nader te beskou.

Geklee in groen-en-goud en gewapen met enigiets van Suid-Afrikaanse vlae tot vuvuzuelas, het hulle langs die strate, op dakke, balkonne en sommer bo-op karre geklouter om die wêreldkampioene te verwelkom.

Honderde mense was reeds douvoordag by die Garden Court-hotel in Oos-Londen waar die Bokspan tuisgaan.

Springbokkaptein Siya Kolisi het blad op blad geskud en selfies saam met aanhangers geneem voordat die Bokke op hul grasgroen bus die trofeeparade voortgesit het. Ondersteuners was bykans uit hul vel toe linkervleuel Makazole Mapimpi die gesogte beker triomfantelik omhoog gehou het.

Die Bokke besoek Port Elizabeth Sondag en reis daarna na Kaapstad, vir die laaste gedeelte van hul trofeetoer Maandag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

humor ·

As ek die fotos so bekyk lyk dit my die wit bokspelers is nie meer saam nie.

Danie ·

Baie swak berig. Bokke het in Oos Londen oorgeslaap en was deur die strate van Oos Londen vandag (Saterdag). Hulle is more (Sondag) in Port Elizabeth sowat 350 kilometer van Oos Londen af.

Christel Cornelissen ·

Dagsê Danie
Dankie vir jou boodskap.
Jy is heeltemal korrek en ons vra groot om verskoning vir dié gruwelike fout wat ingesluip het.
Dit is sedertdien reggestel.
Groetnis
Christe
nms Maroela Media

Dis Mos Nou Mooi ·

Ek is mal oor al die fotos en videos wat mens sien van Suid Afrikaners van alle kleure wat bymekaar kom vir hierdie bokspan. Dít is hoe ‘n nasie moet lyk. As die regering en media en sekere verkramptes nou net sal ophou om so bitter te wees en skeiding te saai, mag daar dalk net hoop wees. Ons HOEF regtig nie elke dag met haat in te gaan nie….

Johann cb ·

Die Bokke het vandag in die Garden Court Hotel in Oos-Londen tuis gegaan. Hulle is eers Sondag, 10 November in Port Elizabeth.

Karin ·

Dit was n ervaring wat jy vir niemand kan beskryf nie. In die foto is ek, my man en my dogter. Mooi gedaan Bokke ons eg Suid Afrikaners

Louise ·

Stel asb julle berig reg. Springbokke was 9 November in OOS-LONDEN, nie Port Elizabeth soos per opskrif en plekke elders in julle artikel nie. Baie dankie

schaun ·

Duisende mense,ek wonder hoeveel van daardie mense is more in die kerk

Gertjie ·

Die gelowiges en Christene sal seker in die kerk wees, schaun.
Net soos die rugbyliefhebbers die terugkeer van die wereldbeker-wenners bywoon.
Of hoe dink jy?

sweis ·

Dit vat ook nie veel om party mense in SA te imponeer nie,shame.

Betsie ·

Wens die mense wil elke dag in sulke groot skares bymekaar kom om vir die Here te bid en Hom te loof en prys.

Bitsie ·

Liewe hemel Betsie en schaun vir wat bring julle kerk nou in. Dit was n once off wat mense in Suid Afrika gelukkig gemaak het vir n slag. Maar as ek so verder aflees is baie van julle net negatiewe klomp wat niks sal julle gelukkig maak behalwe kla en julle mislikheid verprei. Gaaaaaappppppp!

Batsie ·

Betsie, ek dink in SA alleen is daar elke dag meer mense wat tot die Here bid en Hom loof en prys, as die mense wat daar was om die Bokke toe te juig. Gelukkig hoef ons nie bymekaar te kom om Hom te loof en te prys nie. Ons kan ja, maar ons hoef nie. Ek kan dit elke dag in die stilte van my kamer doen soos honderde duisende ander. So ek dink nie jy is verkeerd in jou wens nie, maar ek dink regtig dit word reeds gedoen.

Verwonderd ·

Ek verwonder my aan Duane Vermeulen se ma, sy het hom mos nie alleen groot gemaak nie. Leon Fourie is sy stiefpa hoekom word daar niks van hom genoem nie. Beteken n Stiefpa dan regtig niks? SIES

Steenkamp ·

Almal verwys na die Bokke of Bokspan, maar die Protea word op die bors vertoon en ‘n Bokkie op die mou. Is dit dieselfde vir die All Blacks of Engeland? Nee!
Terwyl die sirkus aangaan word die boere steeds vermoor. Jammer maar die Zebras is nie vir my nie en doen niks aan die ashoop waarin SA verander het nie!

Attie. ·

Ons het gister 34 mm reen gratis ontvang en dit is vir ons meer werd as 100 wereldbeker oorwinnings. Die Bokke is nou seker al moeg vir die toer, laat hulle nou gaan rus. My dank aan my Here wat die reen geskenk het, gratis en onverdiend, dankie Hemelse Vader.

Michael P ·

Steenkamp ek stem saam jou jy slaap die spyker op die kop Heeltemaal reg. Die storie raak nou regtig afgesaag Hulle gaan nou aan soos iemand wat niks gewoond is nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.