Gevangene eis vrylating omdat hy vroeër ‘sterf’

tronkhande

(Argieffoto)

ʼn Gevangene wat ʼn lewenslange vonnis in die Amerikaanse deelstaat Iowa uitdien, het die hof gevra om hom vry te laat omdat hy vier jaar gelede “dood” is.

RTE berig die appèlhof in Iowa het toegegee Benjamin Schreiber se motivering is wél baie oorspronklik, maar het ook gesê dis nie oortuigend nie.

Schreiber is ʼn lewenslange vonnis sonder die opsie van parool opgelê nadat hy in die 1990’s ʼn man doodgeslaan het. In Maart 2015 het hy baie siek geword toe nierstene tot sepsis gelei het.

Hy is bewusteloos na ʼn hospitaal gehaas waar dokters die “dooie” man” vyf keer moes bybring. Hy het daarna ʼn operasie ondergaan om die skade wat deur die nierstene aangerig is, te herstel. Die 66-jarige Schreiber is later terug tronk toe, het RTE berig.

In ʼn hofaansoek wat hy in April verlede jaar ingedien het, voer Schreiber aan omdat hy tydelik dood was, is sy lewenslange vonnis dan ook tegnies uitgedien.

Sy regsverteenwoordiger het aangevoer dat Schreiber lewenslange tronkstraf sonder parool opgelê is, maar nie “lewenslank plus een dag nie”.

Die distrikshof het nie hiervoor geval nie en het die saak as “onoortuigend en sonder meriete bestempel”.

Schreiber het geappelleer, maar die appèlhof het vandeesweek bevind hy kan nie sy brood aan al twee kante gebotter hê nie.

“Schreiber is óf lewend, in welke geval hy in die tronk moet bly, óf hy is dood en dan is daar geen sin in die appèlsaak nie,” het die hof in ʼn ses bladsy lange uitspraak gesê.

Die laaste spyker in Schreiber se regsdoodskis was toe die hof bevind het sy vonnis sal eers eindig die dag dat ʼn dokter hom amptelik dood verklaar.

Schreiber is sedert 1996 in die tronk. Hy is skuldig bevind aan die moord op ʼn 39-jarige man in ʼn komplot wat hy saam met die man se vriendin bekook het, het RTE berig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Dafer ·

Hier het ‘n ‘wise’ prokureur net weer ‘n klomp geld gemaak, en Schreiber was die nar!

Melanie ·

Ek sou so ‘n storie van ‘n suid afrikaanse burger verwag. Maar nou ja, dit lyk my daar is narre ooral te vinde.

Swanna ·

Melanie die persoon sou ook daarmee wegkom het glo ek met hirdie patetiese regstelsel wat ond het. HI hi hi ha ha.

wiehan ·

Suid Afrika, die wat lewenslank beteken. Tot die dag wat jy werklik dood is!

Willehond ·

In sa het dit goed gewerk vir shabir schaik! Nog nooit n dooie man so goed sien gholf speel nie!

Niklaas ·

Aan die begin van die berig , dog ek dis nog n tipiese SA verhaal hierdie. Dan was die knaap ook al lankal vrygelaat.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.