Vrystaatse gesin ‘verdwyn’ spoorloos

Van links: Victor, Jay en Charlene (Foto: Verskaf)

Die polisie is op soek na ’n Vrystaatse gesin wat verlede week spoorloos verdwyn het.

Victor Bosman (55), Charlene Lombard (27) en haar seun, Jay Lombard (5), het Vrydag laas met enige iemand kontak gehad.

Brig. Motantsi Makhele, woordvoerder van die polisie, sê die gesin het verlede week Maandagoggend omstreeks 05:00 van Odendaalsrus na Secunda geryloop. Bosman kon moontlik werk in Secunda kry.

“Die gesin het die Donderdag in Secunda aangekom en die aand by ’n vriend in die dorp oornag,” vertel Makhele.

Die vriend het hulle die volgende dag (Vrydag) na die taxistaanplek geneem sodat hulle met ’n minibustaxi kan terugry Odendaalsrus toe.

“Die vriend het later die dag ’n oproep van Bosman ontvang. Bosman het hom vir geld vir kos gevra. Hy het vir sy vriend gesê dat hulle in Alberton is.”

Die vriend het geld in Bosman se bankrekening inbetaal, maar het sedertdien niks weer van hom gehoor nie.

“Niemand kon die gesin op hul selfone in die hande kry nie.”

Bekommerde familielede het die gesin as vermis by die polisie in Odendaalsrus aangemeld.

Enigiemand met meer inligting kan ao. Maria de Wet by 073 200 2739 kontak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.