Vrystaatse kind (9) vergiftig

(Argieffoto: pixabay)

’n Negejarige seun van Bloemfontein in die Vrystaat is die afgelope naweek dood nadat hy na bewering deur sy ma se vriend vergiftig is.

Dié sal nou op aanklag van moord in die Bloemfonteinse landdroshof verskyn.

Sers. Mahlomola Kareli, woordvoerder van die polisie, sê die seun was Saterdag saam met sy gesin by hul huis in Manguang Fase 3 toe hy skielik begin sweet en opgooi het.

Die seun het onophoudelik opgegooi en is omstreeks 20:00 hospitaal toe geneem waar mediese personeel tevergeefs probeer het om die kind te help voordat hy dood is.

Die polisie is daarna van die kind se skielike siekte en dood te hore gekom en daar is met ’n geregtelike doodsondersoek begin. ’n Nadoodse ondersoek het onthul dat die kind vergiftig is.

“Speurders het onvermoeid gewerk om stukke inligting bymekaar te sit totdat alles na die verdagte, die 32-jarige kêrel van die oorledene se ma, gewys het,” sê Kareli.

Die verdagte is sedertdien in hegtenis geneem en sal Vrydag in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

JM ·

Satan is los in hierdie land! Het hierdie man waaragtig gereken dat hyself gaan wegkom? Mag hy die res van sy lewe in die tronk bly. Vir hom beteken dit: “free boarding and lodging.” Die tronk is ook nie meer ‘n afskrikmiddel nie; tyd dat die doodstraf heringestel word.

melW ·

Stem saam JM. Hulle sien uit na die tronk – kry 3 etes ń dag, en kan stort elke dag en soveel meer – die punt is dat ons belasting betaal om hom aan die lewe te hou. Sickening!

Swerwer ·

Genade! mag die man gestraf word deur vir hom dieselfde gif in te gee as wat hy aan die onskuldige kind toegedien het. Hoe wreed kan die mensdom nog word! Dankie ANC…………….sal jul oogklappe ooit afval?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.