Vrystaatse motoris glo deur verkeersbeamptes aangerand

Philip Viljoen het verskeie kneusplekke opgedoen. (Foto: Facebook)

’n Motoris van Bothaville in die Vrystaat en twee plaaslike verkeersbeamptes het verskeie aanklagte teen mekaar aanhangig gemaak nadat die motoris na bewering deur die verkeersbeamptes aangerand is en ’n vuurwapen teen sy kop gehou is. Die verkeersbeamptes voer egter aan die motoris het handgemeen met húlle geraak en hulle die k-woord toegesnou.

Philip Viljoen (29) het verskeie kneusplekke en twee gebreekte ribbes in die voorval opgedoen. Hy was intussen ook by ’n sielkundige om die voorval te verwerk.

Viljoen sê hy was verlede Woensdag omstreeks 19:00 op sy bromponie op pad na sy vriendin toe twee verkeersbeamptes in ’n verkeersmotor sonder enige kentekens glo ’n stopteken sowat 400 m van sy huis verontagsaam en voor hom ingedraai het.

Viljoen het na bewering uitgeswaai en met sy hande beduie. Die verkeersbeamptes het op hul beurt hul voertuig se ligte vir hom geflits, voordat Viljoen omgedraai en agter die verkeersmotor stilgehou het. “Ek het van my bromponie afgeklim en gewag dat hulle na my toe moet kom. Die een verkeersbeampte het na my toe gestap en aanvallend gevra wat my probleem is,” vertel Viljoen.

Viljoen wou glo by die verkeersbeampte weet waarom hulle nie by die stopteken stilgehou het nie, waarna hy sy valhelm afgehaal het. Dit is tóé dat die verkeersbeampte hom glo twee keer met die vuis in sy gesig bygedam het.

(Foto: Facebook)

“Hulle het maar moeilikheid gesoek,” sê Viljoen.

Volgens Viljoen het die ander verkeersbeampte nader gestap en sy vuurwapen te voorskyn gebring voordat hy dié vuurwapen oorgehaal het.

Viljoen is glo deur die ander verkeersbeampte met dié se vuurwapen teen sy linkerslaap geslaan, waarna Viljoen sy valhelm in dié verkeersbeampte se rigting geswaai het. Die valhelm het egter die ander verkeersbeampte getref en dié het toe sy vuurwapen teen Viljoen se kop gehou.

“Hy (die verkeersbeampte) het gesê hy gaan my brein wegblaas. Ek het gedink dit is die einde. Hulle (die verkeerspolisie) is mos trigger happy.”

Een van die verkeersbeamptes het Viljoen toe glo om die nek gegryp en gewurg, wat tot ’n struweling gelei het. Viljoen vertel die ander verkeersbeampte het ingespring en hom herhaaldelik geskop. ’n Bakkie het in die straat verbygery en Viljoen het om hulp geskree. Die voertuig het egter nie stilgehou nie en Viljoen is glo nog ’n paar skoppe toegedien voordat die verkeersbeamptes in hul voertuig geklim en weggery het.

“Hulle het my beursie saam met hulle gevat en 100 meter verder in ’n tuin gegooi.”

(Foto: Facebook)

Viljoen het ná die voorval ’n klag van aanranding met die doel om ernstig te beseer en die rig van ’n vuurwapen by die plaaslike polisiestasie aanhangig gemaak.

Kol. Thandi Mbambo, woordvoerder van die polisie, het Viljoen se klag bevestig, maar sê die verkeersbeamptes het op hul beurt ’n klag van aanranding met die doel om ernstig te beseer, aanranding en crimen injuria teen Viljoen aanhangig gemaak.

Die verkeersbeamptes beweer Viljoen is die een wat die stopteken verontagsaam het, waarna hulle hom probeer voorkeer het. Viljoen wou glo eers nie stilgehou nie en het een van die verkeersbeamptes gespoeg toe dié hom ’n boete wou oplê.

“Volgens het verkeersbeamptes het [Viljoen] een van hulle tot op die grond gedwing en hom die k-woord toegesnou. Die tweede verkeersbeampte het toe glo tot sy kollega se redding gekom maar is na bewering met ’n valhelm geslaan en hy het ’n oop wond aan sy voorkop opgedoen,” sê Mbambo.

Viljoen ontken dié bewerings ten sterkste.

Hy sê hy was onlangs nog bang, bewerig en naar. “Ek wil nie meer alleen iewers heen gaan nie.”

Mbambo sê albei dossiere sal nou na ’n aanklaer geneem word om ʼn besluit oor vervolging te neem, aangesien die aanklagte mekaar weerspreek.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Nie Verbaas ·

Niemand met genoeg breinselle sal die arrogante verkeersbeamptes glo nie. Almal weet hoe ongeskik en arrogant die meerderheid van hulle is. Hoekom het hulle hom dan nie gearresteer toe hy hulle glo die k woord genoem het nie? Hulle lieg.

Porseleintjie ·

Leuens is altyd deursigtig. Hierdie verkeersbeamptes gaan self in die strik van hulle tonge beland. Die k woord het n gerieflike verskoning geword om hul misdade te regverdig. Dis mos n blanke en met so bewering word hy klaar as die skuldige gebrandmerk.

Di ·

Natuurlik sal hulle die blaam nou op hom probeer plaas met hulle leuens. Hulle raak nou al hoe meer arrogant en dink hulle kan wegkom daarmee, 3 teen 1 en hulle staam saam. Weet hulle gaan aangekla word en probeer wegkom met hierdie onaanvaarbare gedrag. Maak nou lang stories op om hulle self te beskerm. Waarheid sal wel uitkom

Rosie ·

Dit sal goed wees as die polisie rond vra vir ander ooggetuies. Iemand moes tog iets gesien het. Wat het die persoon in die kar wat verby gery het gesien? En sover ek verstaan as iemand ‘n vuurwapen teen iemand anders se kop hou , is dit mos poging tot moord en dan was die wapen nog oorgehaal ook. Mag geregtigheid geskied!

Piet ·

Leer ook nie. Bly kalm, kom hulle later by met regsaksies. Daar slaan hy die verkeersman met sy valhelm en val sy hele saak plat. Toe weet hulle hulle kan hom nou lekker opdons en gaan daarmee wegkom. Dom. Hy’t ook eerste moeilikheid gesoek om om te draai en hul te konfronteer en dit nogals volgens sy eie weergawe.

Nie Verbaas ·

Maw hy moet dit maar vergeet as hulle lewens in gevaar stel deur n stopteken te verontagsaam?

Karen ·

Die valhelm het die ander verkeers “konstabel” getref toe hulle hom teen sy linkerslaap met ‘n vuurwapen geslaan het, lees mooi Piet.

Casper ·

Indien hy hulle die K-woord toegesnou het hoekom het hulle hom nie gearresteer nie.As hy aan die verkeerde kant van die gereg was hoekom hom aanrand en dan wegry.Hoekom het hulle sy beurse gevat.Hulle was 2 en hy alleen.Die rassekaart word mos altyd op die tafel gegooi.

Eltan ·

Die maklikste is om n dash cam of helmet cam te instaleer…
Ek het dit so ruk terug gedoen en is al 2 keer afgetrek…sodra hull sien daar is n dashcam verander hulle houding vinnig..

Remlut ·

Die beamptes lieg, as hulle storie waar was dan sou hulle hom in hegtenis geneem en toegesluit het heel eenvoudig.

Piet ·

Ek het nog nooit gehoor van ‘n polisieman/verkeersbeampte wat in so ‘n situasie gaan terugstaan as jy enigsins ‘n aggressiewe houding gaan openbaar nie. En as jy gaan slaan, gaan hulle jou opfoeter 100% vir seker. Die ou kan gelukkig wees hulle het nie geskiet nie, kon maklik gebeur het.

Mariana ·

Ja en natuurlik het hy die K-woord vir hulle geskree. Nonsens, daai twee lieg. Mos nou maklik want hulle is twee en hy het geen getuies nie. Kan vir hom net voorspoed toewens, bevrees die gaan lelike nadraai vir hom hê. Sterkte

Cecilia ·

Dit was 2 teen 1. As mnr Viljoen dan so bedreiging was hkm het hul hom nie onder beheer gebring en geboei nie? Hkm jaag hul weg.

Sarel ·

Hulle is twee dn hy alleen sonder getuies. Jammèr tensy hulle stories ie klop nie het did man probkeme

jzjz05 ·

Hulle is twee vraag hoekom wegry sonder om hom te arrestreer,as hy die k-woord gebruik het sou hulle dit onmiddelik gedoen het,daardie kaans sou hulle nie laat verby gaan het nie.Hulle is twee hoekom hulle vuurwapens te trek.Die helmetstorie drae ook nie water nie want as jy so aangerand word sal ek ook terug probeer veg.iets maak nie sin nie.of is dit weer een van daardie ,”Kom ons maak van hom n voorbeeld”

Androclus ·

Hulle sal altyd die k-woord voor gooi om vry te spring,slegte vuil maniere.

Genis ·

Baie arrogant, dis mos aand, lekker sonder ligte en kentekens… Nou wonder Genis, as hulle die oorhand gehad het, hoekom hom nie arresteer nie? Ek ruik n rot… Ek vertrou geen Metro/Spietkop of Polisie nie… nou die Tjo-tjo bendes van SA… armlastiges van SA, soek altyd n geldjie, kan eerlikke werk doen nie… ek sal dink daar 1% wat hule sous werd is…

Regverdigheid ·

Ons Verkersbeamptes dink hul mag gereg in hul hande neem en ment mense maak wat hul wil… hul het geen reg om hul hande teen iemand te lig ..hul doen en wat gebeur met hulle net mooi niks want gereg is mos net aan hul kant , tyd dat ons regering wakker word en mense by staan met geweld want dir ruk hand uit.

QueenB ·

Hoekom nie net aanry nie arrogante kapok haantjie waarvoor omdraai en hoekom het die bakkie nie gestop want in die geval glo ek die verkeersbeamptes

Sonneblomkind ·

Dink hul is bo wet verhewe. Kry vir jou n dash cam…

My siening ·

Arrogante korrupte speed- cops skuldig maar,
Verweer! Die k woord nou is die jong man n rassis.
Tipies ANC houding die polisie staat wat ons in leef! Hulle is bo die wet soos hulle kaders wat die land regeer en verwoes!

jzjz05 ·

As die man die K-woord gebruik het sou hulle hom on middelik aan geklae het.want dit word as baie erenstige saak soos moord vertolk.

Susan ·

As hy regtig gedoen het wat hulle beweer het sou hulle hom definitief nie net gelos het en weggery het nie. Hy sou daardie aan in die tjoekie geslaap het..geen twyfel daaroor nie.

Ronel ·

Ag gooi net die gevreesde K-woord in en almal glo hulle. Onthou net om te lieg is harde werk want jy moet presies onthou wat jy gelieg het….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.