Vrystaatse verkeersbeampte kritiek ná hy sy vrou, homself skiet

(Argieffoto: Miguel Roberts/AP)

ʼn Beampte van die Vrystaatse verkeersdepartement in die Gariepdistrik is in ʼn kritieke toestand in ʼn hospitaal in Bloemfontein nadat hy glo eers sy vrou en toe homself met sy dienspistool in hul huis in die stad geskiet het.

Brig. Motantsi Makhele, woordvoerder van die polisie, sê die 40-jarige beampte en sy 37-jarige vrou het na bewering Maandagaand ʼn woordewisseling in hul huis in Pellissier in Bloemfontein gehad.

“Die vrou het glo daarna besluit om haar en hul kinders se klere te pak en by haar ouers te gaan bly,” vertel Makhele.

“Haar man het oënskynlik sy dienspistool uitgehaal en eers sy vrou twee keer in die bors geskiet en homself daarna.”

Met die polisie se aankoms op die toneel het hulle die beampte met ʼn koeëlwond in die kop aangetref. Hy het egter steeds geleef.

Die vrou is op die toneel dood verklaar.

“Die beampte is per ambulans na die Rosepark-hospitaal gehaas waar hy tans vir sy lewe veg.”

Volgens Makhele was dit die gesin se huishulp wat die polisie van die voorval in kennis gestel het.

Maroela Media het navraag aan die provinsiale verkeersdepartement gerig, maar wag nog vir terugvoer.

Hillary Mophethe, woordvoerder van die Vrystaatse verkeersdepartement, sê die departement is geskok oor die voorval.

“Dit is omtrent ʼn hartseer dag vir ons. Ons laat die toepaslike wetstoepassers toe om die saak te hanteer en wag op begrafnisreëlings van die gesin,” sê sy.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Louise ·

Nee, net nog ‘n besitlike narsistiese man. “As ek jou nie kan kry nie, kan niemand nie” Pateties.

Genis ·

Ek is in n verhouding met n besitlikke narsitiese vrou… dis nie lekker nie… hulle maak jou lewe hel… ek darem oppad uit…

Daleen ·

Stres is GEEN verskoning om iemand anders se lewe te neem en sodoende ook die kinders van hulle moeder te ontneem nie. Selfsugtig. NIKS regverdig sy optrede nie.

Moedeloos ·

Daleen ek stem met jou saam – MAAR as jy nog nooit aan stress (depressie) gely het nie kan jy nie saam praat nie. Jy is in n donkergat waaruit niemand jou kan kry nie. Niks in die lewe maak sin nie en jou brein blok alle normale funksies. Vra my ek weet. Dit is net Genade van Bo dat ek nog nie iets onverskillig aangevang het nie. Met medikasie help dit my. Hierdie man het seker nie eens geweet hy ly aan uiterste stress nie want deesdae moet jy net elke dag jou beste voetjie voorsit en aangaan asof die wereld daar buite maanskyn en rose is.

Retha ·

Soos ek berig lees was hul in woordewisseling en omdat vrou met kinders wou uittrek het hy die pistool uitgehaal en soos maniak op haar geskiet en daarna homself

Tanniepetoors ·

Ons almal kritiseer so maklik die polisie maar ons het min begrip vir die stresvolle omstandighede waaronder meeste polisie- en metrolede hul daaglikse werk verrig. Hulle is nie super-wesens nie. Almal het ondersteuning en empatie nodig van.hul familie en geliefdes en sommiges kry maar min daarvan by die huis. Resep vir tragedie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.