Vyf beseer in botsing in reënweer

Argieffoto (Foto: freeimages.com)

Vyf mense is Donderdagmiddag beseer toe twee motors in die Wes-Kaap teen mekaar gebots het weens swaar reën in dié provinsie. Vier van hulle moes uit die motorwrakke bevry word.

Ross Campbell, woordvoerder van ER24, sê paramedici is om 16:30 saam met die plaaslike brandweerdiens en metro-nooddienste na die toneel ontbied. Nooddienste het ʼn sportnutsvoertuig en ʼn Volkswagen Golf op die R301 tussen die Pearl Valley-gholflandgoed en die Drakenstein-gevangenis digby die Paarl aangetref.

ʼn 18-jarige vrou was in ʼn kritieke toestand en in een van die motors vasgekeer. Gevorderde lewensondersteunende intervensies is op haar toegepas en sy is na ʼn plaaslike hospitaal geneem vir verdere behandeling.

ER24-paramedici het nog ʼn pasiënt behandel wat matige beserings opgedoen het. Hy is saam met die vrou na ʼn hospitaal geneem.

“Metro EMS het ook ʼn man wat gedeeltelik in ʼn motor vasgekeer was en ernstige beserings opgedoen het op die toneel behandel en na ʼn hospitaal geneem vir verdere behandeling,” het Campbell gesê.

Metro-reddingsdienste het in samewerking met die plaaslike brandweerdiens nóg twee pasiënte uit een van die motors bevry. Hulle is met ʼn private motor na ʼn hospitaal geneem met onbevestigde beserings.

“Die oorsaak van die botsing is in hierdie stadium nog nie bekend nie, maar die polisie was op die toneel en ondersoek die saak.”

Reën en sneeu is vroeër die week vir dele van die Wes-Kaap voorspel en nat en koue toestande sal na verwagting die naweek voortduur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

AH ·

Sodra dit begin reën in die Kaap verdwyn sekere mense se oordeelsvermoë en versigtige benadering tot die nat paaie in die niet…..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.