Vyf sterf in slegte weer in KZN

Argieffoto

Argieffoto

Vyf mense, insluitend ʼn baba, is Vrydagaand in dele van KwaZulu-Natal oorlede weens erge weersomstandighede.

“ʼn Vyf dag oue babadogtertjie van Sweetwaters en ʼn 77-jarige man van Tailors Halt is in Pietermaritzburg dood toe weerlig hul huise getref het,” het Robert Mckenzie, woordvoerder van die provinsiale nooddienste, Saterdag gesê.

Hy het gesê twee mense is ook in Umlazi, suid van Durban, dood toe twee plakkershuise Vrydagaand ineengestort het.

Nog ʼn persoon is in Mariannhill dood en een kritiek beseer toe hul modderhuis ineengestort het weens die swaar reën.

In nog ʼn voorval het ʼn boom op ʼn plakkershuis geval. Mckenzie kon nie bevestig of enigiemand in hierdie voorval dood of beseer is nie.

“Daar was ook verskeie berigte oor ʼn erge haelstorm in Pietermaritzburg, Stanger en Ixopo wat ernstige skade aan huise en motors aangerig het,” het hy bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Paul ·

Die MRK moet dadelik die donderweer, wind en reen aankla van rassisme, so kan dit sowaar nie aangaan nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.