Vyf vas wat glo plaas wou aanval

Twee vuurwapens en ammunisie is in die motor gevind. (Foto: SA Polisie)

Die gemeenskap van Fouriesburg in die Vrystaat het die inhegtenisneming Donderdag van vyf mans, wat glo ʼn plaasaanval in die omgewing beplan het, verwelkom.

Sers. Fikiswa Matoti, polisiewoordvoerder, sê lede van die polisie op Bethlehem se eenheid vir openbare orde, asook lede van die honde-eenheid daar het inligting van hulle kollegas by misdaadintelligensie oor die groep ontvang.

“Omstreeks 07:00 vanoggend het hulle met die operasie begin. Voertuie is op spesifieke plekke geplaas en die pad is versper. Hulle het ʼn verdagte voertuig gesien en dit voorgekeer,” sê sy.

Die vyf insittendes van die voertuig is in hegtenis geneem nadat ʼn R1-aanvalsgeweer, 15 koeëls en ʼn Norinco-pistool met nege koeëls in die voertuig gevind is.

Hulle word aangekla van sameswering om ʼn gewapende rooftog te pleeg, die besit van ongelisensieerde vuurwapens en die besit van ammunisie sonder ʼn lisensie.

“Die voorlopige ondersoek dui daarop dat twee van die verdagtes oudpolisielede van Ficksburg is. Die ander drie is van Botshabelo,” sê Matoti.

Hulle sal binnekort in die hof op Fouriesburg verskyn.

Riaan Corbett, Vrystaat Landbou se veiligheidsverteenwoordiger in Fouriesburg, sê die streek het ʼn doeltreffende landelike beveiligingsplan en baie goeie samewerking met die polisie.

Hy het die inhegtenisneming verwelkom.

“Ons is baie bly hieroor. Dit is net genade. Ons kan net dankbaar wees dat hulle in hegtenis geneem is voordat iets gebeur het,” sê Corbett.

Daar was die afgelope ruk hernieude oproepe op pres. Cyril Ramaphosa om meer kragdadig standpunt in te neem teen aanvalle op plase.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

49 Kommentare

Malhan ·

Wapens wat ek en jy gaan inhandig het toe die rompslomp met die nuwe lisensies te veel geword het.

Maggies ·

Baie dankie vir die wakker optrede. Dit breek net my hart en moed om te moes lees dat twee van die mense oud polisie is. Hoe kan mens vorentoe ons polisiemag vertrou. Daar is alreeds minder van ons eie in dié mag.
Wanneer gaan ons wakker skrik en begin om eerder nét vir ons eie mense te sorg?
Hoeveel mense woon desperaat in plakkerkampe, daar is sekerlik duisende wat sal spring vir die geleentheid om op ‘n plaas te gaan woon waar hulle saans warm in ‘n huisie met koolstofie in kan woon. Onbeperkte vuurmaakhout, water om hul eie tuintjies te voed. So nou en dan ‘n vleisie as bonus vir goeie werk. Vervoer vir kinders na die naaste skooltjie. En beste van alles, ‘n gereelde geldjie in die sak.

Johan ·

Dit lyk sommer báie verdag dat Ramaphosa weier om die plaasmoorde te veroordeel! Of hou hy by sy standpunt dat die boere nie vermoor word nie?

chrisjan ·

Hy sal plaas aanvalle en moorde nooit veroordell nie want hy is self ‘n Russies opgeleide terroris.

Wonder net ·

Cyril is reg dis nie plaasmoorde nie hulle is daar vir koek en tee

christine ·

Wel gedaan anders was daar nog n boer wat hul sou vermoor het .Cyril Rhamaposa moet begin iets doen .

GR ·

Christine jy praat seker nie van CR wat SA se president is nie,as jy wel van hom praat,van sy kant gaan daar nie iets gebeur nie,hy sukkel eers om homself te red

Dries ·

‘N R1 AANVALSGEWEER, Min. Cele! En dan wil jy ons ontwapen…

Aksie SA ·

Die lafaards is verseker van die beste diens en behandeling, totdat hulle op borgtog vrygelaat word en vlug na hul eie land toe….. net om weer op ‘n moordtog te gaan! Wyk Satan!

Alex ·

Ek hoop met my hele hart dat hul n wit regter kry wat al iemand in n plaasmoord verloor het om hulle te vonnis.

Realisties ·

Gaan kyk maar hoe lank gaan hulle sit. Hulle het nie n misdaag gepleeg nie net besit van vuurwapens. Militêre vuurwapens. Gaan hulle regtig die hand byt wat hulle voer? Nee hulle gaan los kom deur n oproep of 2 van bo af en net meer wakker wees as voorheen.

jaco ·

Iets maak nie sin nie: die ANC-regering wil eintlik die wit boere onteien sonder vergoeding, maar die SAPD wat deur die ANC-regering beheer word, keer ‘n plaasaanval. Hoekom werk die ANC dan nou teen die ANC?

Jannie van Niekerk ·

Jaco,
Wees dankbaar dat daar nog polisielede is wat diens aan die gemeenskap wil gee. Alle polisiemanne is nie misdaad goedgesind nie. Daar is ‘n groot persentasie vir wie polisiewerrk ‘n diens aan die gemeenskap is en nie net ‘n “stepping stone” om misdaad te pleeg nie. Aan hierdie mannee in blou wat hierdie plaasaanval gefnuik het, baie baie dankie. Ons waardeer julle onbaatsigtige diens aan die gemeenskap.

TLC ·

Dankie Liewe Vader
Die artiekel kon soveel anders gelees het
Amen

honourable member ·

Wel Uitspieel die feit dat 2 oud poliselede se nogals vir my dat die SAPS betrokke is. Baie scary feit maar ja ons moes dit seker verwag het. Laat mens wonder die betrokkenheid van die SAPS by al hierdie ander plaasaanvalle.

Anoniem ·

Absoluut skokkend dat twee van die gearresteerdes oudpolisielede is. Dit soos wildsbewaarders wat renosters stroop!

Van wanneer af is hierdie twee nie meer lede van die polisie nie?
Kan die oorsprong van die R1 aanvalsgeweer bepaal word?
Is dit dalk deur die oudpolisielede verskaf?

willem Botha ·

Oëverblindery die een met die blou klere lê en gesels op sy selfoon ,hulle sal nie eers polisie stasie toe gaan nie.

BlinkStephaans ·

Julle weet vir die aanklagte teen hulle is dié ouens binnekort weer op straat… en waar daardie vuurwapens vandaan kom is daar nog baie… hierdie gaan geen duik in die aanvalle op plase maak. Dit is egter baie oulik om te weet dat oud polisie lede betrokke is… en hulle het steeds maatjies binne die polisie… so spoedige optrede na ñ aanval gaan nie gebeur. Die ondersoekers kan maar gerus kyk wie aandiens was tentyde die aanval moes plaasvind… daar gaan verseker ñ verbintenis of twee wees.

Colin ·

Die vuurwapen wat in die foto gewys word is n Brit vervardigde weergawe van die R1. Hulle was gebruik deur Rhodesia se weermag, tesame met S.A se R1’s, my pa was met een uitgerik gewees.Ek dink ons kan dus aanvaar dat die wapen oor die grens gekom het. Dat dit 2 ex-poliesie lede is kom nie juis as n Pearl Harbour klas verasing nie, veral as Erns Roets se boek en gesonde verstand ingespan word nie. Ek bly in n dorpie in daai omgewing en was n keer of wat in Ficksburg se sap stasie gewees, wonder of een van die twee gooks my dalk gehelp het.

Thys ·

Ja en daars weer oud polisie lede betrokke, ons moet ontwapen word maar “hulle” loop met outomatiese gewere rond om moorde te gaan pleeg, wat is volgende

Gunston ·

Ek hoop Cele en die so called president van die land lees die storie, Hoeveel getuienis wil hulle nog he

Jan ·

Well done ouens… Ek sal bitter graag wil weet hoe lyk hierdie 5 se kriminele rekord.

Andre ·

Hoera vir Bethlehem se polisie en misdaadintelligensie eenheid

PieterJohannes ·

Vraag is: By hoeveel ander plaas aanvalle was hulle nie alreeds betrokke nie? As hulle oud weermag R1 gewere by hulle het, en hulle ry met hierdie wapens rond tussen plase, dan wil hulle beslis nie transito rooftogte pleeg nie. Oud polisie lede wat bedank het om vir ander doeleindes ontplooi te word? Soek die ‘money trail’ en ons sal dalk geskok wees om uit te vind wie hulle finansier. Hulle het mos geld nodig om te oorleef en die roof motief is nie hoog op die agenda by plaas aanvalle nie. Kan ‘n mens die gevolgtrekking maak dat hulle goed betaal word na elke suksesvolle plaas aanval? Dit is goed dat ons internasionale bewusmaking het, maar hoeveel te meer sal dit gewig dra in die buiteland as ons kan bewys dat dit opgeleide mense is, wat uitgestuur word om dit te doen. Kom ons bid en vertrou dat alles sal uitkom. “Daar is niks veborge wat nie geopenbaar sal word nie.”

marous ·

Die een is klaar besig om sy prokureur of sy hanteerder te bel .

Neels ·

Sekerlik is daai twee gewese polisie beamptes nog indiens en kry n sakarid. Die R1 kom ook seker uit n polisie wapen kluis. So word die meeste plaas aanvalle en transiti roogtohtr vanuiy n polisie stasie beplan en uitgevoer

Hommel ·

Betaal ten minste die informante wat die inligting gegee het, anders help hulle nie weer n plaasaanval keer nie. Gee genoeg, dan kry die polisie weer inligting oor beplande plaasaanvalle!

Mariana ·

Hulle kan dalk by ander plaasaanvalle ook betrokke wees. Hoekom ignoreer Ramapoza steeds plaasaanvalle. Dit gebeur daagliks.

Landvaneensydigheid ·

Daardie gewere kan net aan hulle verskaf word deur die weermag. Daar is baie R1 in verpakking sonder dat hulle gelys is op n databases. Dan is 2 van hulle polisie. As dit nie vir ons sê daar is klaar ‘n burger oorlog nie wat sê dit dan?

Joe Olivier ·

Die SA van vandag stem baie ooreen met die Mau Mau era van die 1950’s inKenia.

ne ·

MM – hou ons asseblief op hoogte van die storie. Sal graag wil weet of borg toegestaan word aan die 5 varke.

PieterJohannes ·

As elke vermeende plaas aanvaller en elke plaas aanvaller wat gevang word of gedood word, deeglik ondersoek word, sal daar duidelike inligting na vore kom. Bank rekords, selfoon rekords, bande met organisasies en geskiedenis sal lei na patrone soos bv. hoe daar besluit word wie volgende geteiken word. Daar behoort ook ‘n duidelike gesag struktuur na vore te kom. Wie is bv die leier van die groep? Plaaslike persone vat baiekeer die blaam sodat die ervare leier kan wegkom. As die modus operandi vasgestel word kan meer sukses behaal word.

Sean ·

Baie geluk aan die die SAPS Nou gaan die regstelsel ons in die steek laat

Jeremia ·

Feit dat Ramapandora swyg oor plaasaanvalle en-moorde spreek boekdele!
Alles kan afgelei word uit sy swye.

Dink ·

My opinie is dit: die woord gaan uit na die buiteland dat die regering niks doen nie. Maar hier is nou iets wat voorblad nuus van elke engelse koerant gaan haal – “maar kyk ons vang hulle dan nog voor hulle daad pleeg…”. Vir wie gaan hulle glo? Hulle operasie het vroeg begin en wonderbaarlik vind hulle hierdie wapens.. kom aan mense julle word gedraai soos die wind waai.

GL ·

Hulle moet nou net die selfde vonnis kry as n moordenaar want dit kon gebeur het as die polisie hulle nie voorgekeer het nie. Dis lekker om te hoor die polisie het iewers hulle werk gedoen.

hercu ·

“a people that elect corrupt politicians, imposters, thieves and traitors are not victims,  but accomplices” – George Orwell

“if the ANC does to you what the Apartheid government did to you, then you must do to the ANC what you did to the Apartheid government” – Nelson Mandela

“a corrupt ANC will be far worse than Apartheid” – Oliver Tambo

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.