Vyf wat glo kluis wou opblaas in hof

Die ploftoestel waarop daar beslag gelê is. Foto: Valke

Die vyf mans wat na bewering beplan het om ʼn kerk se kluis te gaan opblaas omdat hulle gedink het die kluis bevat kontant en Krugerrande, het Dinsdag in die hof verskyn.

Kapt. Dineo Lucy Sekgotodi, woordvoerder van die Valke, het gesê Hamilton Mathebula (38), Mthabeleng Mngwenya (29), Bheki Nkosi (30), Mthombisi Vicent Hlongwane (25) en Sbongile Eddie Nkosi (25) het in die Kabokweni-landdroshof in Mpumalanga op ʼn aanklag van besit van ʼn ploftoestel verskyn. Die saak is tot vandag uitgestel wanneer hulle om borgtog sal aansoek doen.

Maroela Media het vroeër berig die vyf mans het glo beplan om die kluis van ʼn kerk in Chweni in die Kabokweni-omgewing op te blaas. Hulle is Vrydag op pad na die kerk deur lede van die Valke, die Kabokweni SAPD en lede van die polisie se taktiesereaksie-eenheid vasgetrek.

Volgens Sekgotodi is daar op ʼn ploftoestel, asook ʼn BMW-voertuig beslag gelê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

4 Kommentare

John ·

?.. waar gaan daar nog na Krugerrande gesoek word… maar waar ‘n rokie trek is daar dalk tog ‘n rooi kooltjie…

Gerd Lourens ·

Krugerrande is volop – koop gerus vir ‘n belegging.

Hendrik ·

wat se beheer is daar waar die plofstof vandaan kom. my pa het jare gelede met die goed gewerk en daar was beheer op beheer.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.