Vyfjarige kind verdrink

Polisieduikers op die toneel. (Foto:ER24)

ʼn Vyfjarige seuntjie het vandeesweek in die Buffelsrivier naby Osizweni, oos van Newcastle, in KwaZulu-Natal verdrink.

Ineke van Huyssteen, woordvoerder van ER24, het in ʼn verklaring gesê paramedici en die polisie se soek-en-reddingspanne is Dinsdagmiddag na die toneel ontbied, maar die soektog moes tydelik afgelas word weens swak lig en ʼn baie lae temperatuur.

Volgens Van Huyssteen is die soektog na die seuntjie Woensdagoggend hervat waarna duikers die kind se liggaam omstreeks 13:30 in die rivier gevind het. Die seuntjie se liggaam is uit die rivier gebring en hy is op die toneel dood verklaar.

Die omstandighede rakende die voorval is nie in die stadium duidelik nie, het Van Huyssteen gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

pieterweskaap ·

Tragies, baie pynlik vir hulle wat agter bly.
Vyfjariges moet onder volwasse toesig wees.

Melanie ·

Dit is vreeslik hartseer.. ek bid dit vir niemand toe nie..maar dan vra ek myself … waar is die toesig? Ek bid in sy finale oomblikke, was daar n engel wat heeltyd by hom was. Rus sag seuntjie

Sonia ·

Innige simpatie met die kind se ouer/s. Ek wens dit vir geen ouer toe om sulke nuus te ontvang nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.