W-Kaapse regering sal polisie-ondersoek teen Fritz steun

Albert Fritz (Foto: ANA)

Die Wes-Kaapse regering het sy volle ondersteuning toegesê aan enige ondersoek deur die polisie na aantygings teen Albert Fritz, geskorste LUR vir gemeenskapsveiligheid in die provinsie.

Dit volg nadat die kantoor van die provinsiale polisiekommissaris bevestig het dat hy korrespondensie van onder meer die ANC in die Wes-Kaap oor die kwessie ontvang het.

“ʼn Ondersoek is deur die SAPD in die Wes-Kaap geopen terwyl daar op toepaslike dokumentasie gewag word voordat ʼn saak geregistreer kan word,” het brig. Novela Potelwa, polisiewoordvoerder, gesê.

Alan Winde, premier van die Wes-Kaap, het gesê die onafhanklike ondersoek na die bewerings, wat nou deur die staatsprokureur vasgestel is, sal hom help besluit wat die gepaste stappe sal wees.

“Benewens om die klaers in kennis te stel van hul regte om strafregtelike klagte in te dien, verwys ons ook klaers na ʼn nieregeringsorganisasie wat toegewyd is om bystand te lewer aan klaers van die betrokke aard.”

Jennifer Williams, ʼn onafhanklike advokaat, is deur die staatsprokureur aangestel om ʼn eksterne ondersoek te doen na die bewerings teen Fritz.

Winde sou Donderdagmiddag met Williams vergader om die besonderhede wat deur verskeie klaers onder sy aandag gebring is, aan haar te verskaf.

Winde het Sondag aangekondig dat Fritz met onmiddellike inwerkingtreding geskors word nadat ernstige bewerings teen Fritz onder sy aandag gebring is.

Luidens berigte is Fritz geskors oor bewerings van seksuele misbruik teen hom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Tubac ·

Magsmisbruik op sy beste. Maak n voorbeeld met n oranje oorpak.

Chris dupreez ·

Nou is die anc vinnig om n saak teen n ander partylid te maak. Wat van julle eie mense by Justiese wat strafregtelik aangekla en skuldig bevind is en niks gebeur en nog steeds in sy pos.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.