Water in Tshwane selfs verder beperk

(Argieffoto: Aaron Favila, AP)

Strenger waterbeperkings geld van vandeesweek af in die Tshwane-metrogebied, nadat Rand Water vlak 2-beperkings Donderdag daar ingestel het.

Alle watermeters in die stad word nou met tussen 40% en 50% beperk, het die waterverskaffer Woensdag in ʼn verklaring gesê. Dit word gedoen as daar geen verbetering in reservoirvlakke ná die inwerkingstelling van vlak 1-beperkings bespeur word nie.

Dit gaan tot lae waterdruk lei.

“Weens die huidige hittegolf wat die aanvraag verhoog het, het dit noodsaaklik vir Rand Water geword om verdere streng beperkings oor die hele verspreidingsnetwerk in werking te stel om die aanvraag te probeer verminder terwyl reservoirvlakke aan hou daal.”

Die watervoorsiener sukkel al sedert verlede maand met lae waterdruk, nadat twee van sy suiweringsaanlegte probleme ondervind het weens kragonderbrekings ná veldbrande. Die situasie is vererger deur probleme met ʼn klep by die Zuikerbosch-suiweringsaanleg. Dit het gelei tot ʼn noodsluiting van die aanleg op 17 Oktober.

“In ʼn poging om ʼn algehele ineenstorting van die grootmaatwatervoorsieningstelsel weens die sluiting te verhoed, is Rand Water genoodsaak om beperkings in te stel aan klante wat deur die Palmiet-stelsel bedien word.

“Ons doen dus ʼn beroep op Tshwane se inwoners en sakeondernemings om water selfs meer spaarsaam te gebruik sodat water aan almal verskaf kan word,” het die verklaring gelui.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Ronel ·

Met beperkte water kan mens saamleef, maar Kroonstad is dag 4 sonder water. Thanks to Moqhaka municipality. Herstelwerk by die suiweringsaanleg is kastig gedoen. Hulle sê nou dit sal werk as dit werk. Beste antwoord ever. (Kan julle hoor hoe rol ek my oë)

Feite ·

Vir solank as wat water aan almal verskaf word en nie almal vir water betaal nie en waterpype lek moet julle maar spaarsamig water gebruik, regtig!

koos ·

Nog redelik onlangs is gesê dat ons beurtwater gaan kry, wel hier is ons nou.
Wie kan ons bedank – SWAK instandhouding. Gras en velde word nie gesny nie, daarom die beskadiging na brande en toerusting word nie herstel nie.
Dink gou mooi wie was tot onlangs die minister van water? Die selfde een wat elke maand geld by BOSASSA gekry het, in ‘n baie duur handsak!

Thinus ·

Onbevoegdheid, onbevoegheid, onbevoegheid dis die ware rede want hulle ken nie ‘n ding soos beplanning en in stand hou nie.

Stef ·

Wat ‘n grap! Intussen, 4 weke later , 100 oproepe en epoose, stroom die water steeds af in Aries Straat, Waterkloof Rif na gebarste pyp. duisende liter water reeds vermors.

Grassie ·

Geen meer hoop vir die land! Dis tyd om te trek! Hoeveel water, krag en werk gaan daar oor wees vir my kinders nadat die goed die hele land opgeneuk het? My mense sal nie daal tot hulle standaarde!

Dassie ·

Gaan ry Sondae deur die stad, elke brandkraan staan oop en toue verbode immigrante maak vol

Feite ·

Dit is nie net agv onbevoegdheid nie, dit is ideologiese strategie (Nomvula Mokonyane se nalatingskap) wat gevolg word net soos met Eskom. Betaal meer, nie vir dienslewering, maar sodat salarisse aangepas kan word of beurtkrag word toe gepas. Die watertekort is ideologies die ideale geleentheid om een of ander tyd vir meer geld te vra, terwyl meer geld nie meer water gaan lewer nie, want meer geld vir instandhouding is nie vir instandhouding nie. Net soos met Eskom gaan verbruikers ook vir water gyselaar gehou word om te betaal vir niks. Hoekom word bv. die besoedeling van riviere soos die vaalrivier toegelaat om eers hand uit te ruk, want iemand staan en wag om geld te maak om die besoedeling te behandel. Die probleem is dat die geld gevat word en die besoedelde rivier nie behandel word nie en so moet weer geld gegee word. Dit raak n onbeheerbare bose kringloop wat wyer en wyer uitkring en mense hou maar net aan om te bespaar, maar steeds te betaal!

Lana ·

Feite, dit is verfrissend om jou kommentaar te lees. Kon dit nie beter stel nie.

piper ·

te veel mense te min mense wat betaal te min onderhoud te min kundigheid geen politieke wil ens. ens. ens. drink maar my wiskey skoon.

NET EK ·

Wat help dit ons probeer water bespaar – daar n water pyp in Vermeulen straat Pretoria (ken nie nuwe naam nie) gaan ook nie leer nie. Maar anyways dit pyp het gebars al gister middag en die water stroom nogsteeds uit

sweis ·

Hoekom altyd beperking instel hoekom word daar nie voorsiening gemaak vir die groeiende populasie en toenemende droogte nie ,bou nog damme vergroot die reservoirs en bou nog om meer water op te vang wanneer dit weer goed reën

Room ·

Haha, jy moet by hou met die tye, jy steek die geld in jou sak, jy maak geen voorsiening nie, dis nie waarvoor belasting en begrotings voor is nie :-)

Dolf ·

Oorbevolking is die probleem in Gauteng. Die provinsie is in vir harde dae. Tyd kan gewen word deur watervoorsiening uit die hande van munisipaliteite te neem. Private-Publieke ondernemings kan dalk oplossings bied.

Meestalaf ·

Die streek waar ek bly is die water ook meestal af en Kom net aan as mens gelukkig is laat in aand. Maar by nuut geboude rdp huisies waar daar geen Krag is en net water punte is en hul nie n sent vir erf belasting betaal en ook nie vir water en Krag is die water punte meestal aan. Maar ons wat betaal moet sukkel sonder water. En water net permanent aan voor n verkiesing

HPV ·

Kom kyk hier in bankrot Mangaung. Die gedagte hier is dat die probleem self sal weggaan solank mens dit net ignoreer, soos alle ander probleme maar net ignoreer word maar toe nie weggegaan het nie.

Hartseer ·

Kom ek sê julle. As daar gekyk word na die gebiede wie se resevoirs gereeld leeg getap word, is dit meestal areas wat glad nie betaal vir water nie (en dis oor en oor dieselfde areas wat uitgewys word). Ek kan sien in my woongebied mense spaar regtig, en harseer saak is ek het onlangs my grasperk vervang en dit gaan nou tot niet. Maar ons betaal die prys vir sekere areas wat nie ag slaan op die pleidooie nie. Hulle wend geen pogings aan om hulle watergebruik te verminder nie!!

AndrewL ·

En julle kry skoon water? Heeldag? Gaan kuier in Parys, die dorp wat sy water uit die Vaalrivier kry.

Phil ·

Gelukkig kom boor hulle volgende week by my. Sal maar self sorg voordat dit te laat is…..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.