Waterkloof-twee bak brood in die tronk

Frikkie du Preez (L) en Christoff Becker op die dag toe hulle op parool vrygelaat is Foto: TimesLive

Frikkie du Preez (L) en Christoff Becker op die dag toe hulle op parool vrygelaat is Foto: TimesLive

Frikke du Preez en Christoff Becker, die sogenaamde Waterkloof-twee, werk in die bakkery van die Kgosi Mampuru-Sentraal-gevangenis en word in ʼn gemeenskaplike sel aangehou, berig Rapport.

Manelisi Wolela, woordvoerder van die departement van korrektiewe dienste, het aan die koerant gesê dis nog te vroeg om te sê of die twee se rehabilitasie vorder. Rapport sê volgens sy ondersoek moet Becker nou toustaan om ʼn betaalfoon te gebruik. Becker en Du Preez se parool is verlede maand teruggetrek kort nadat hulle vrygelaat is nadat daar ʼn video op die lappe gekom het wat wys hoe hulle glo partytjie hou in die tronk.

Wolela het aan Rapport gesê dat vier tronkbewaarders in die volgende maand tugverhore sal bywoon vir hul aandeel in die voorval. Wolela sê daar is tydens onlangse klopjagte op 86 selfone, ʼn rekenaar en ʼn hardeskyf beslag gelê.

Lees ook:
Waterkloof-twee glo afsonderlik aangehou
NVG sê oor Waterkloof-twee
Aanval op Derby-Lewis glo te doen met Waterkloof-2
Waterkloof-twee: Korrupte tronkbewaarders dalk binnekort aangekeer
Waterkloof-2 voor paroolraad
Waterkloof-2 moet nog sit
Waterkloof-bewaarders gewaarsku
Facebook aan die gons oor twee van Waterkloof-4 wat weer agter tralies sit
Twee van Waterkloof-4 sal 72 uur aangehou word
Twee van Waterkloof-4 weer agter tralies
Video’s: Twee van Waterkloof-4 hou glo partytjie in tronk
Video: Waterkloof-4 op parool vrygelaat
Waterkloof-4 vrygelaat

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

2 Kommentare

Slim Daan ·

Uhm. Bly om te sien ” kluitjies bak ” is die aanloop tot volwaardige broodbak.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.