Weduwee erg aangerand tydens huisroof

Sandra Snijders voor die aanval. Foto: www.gofundme.com

Sandra Snijders voor die aanval. Foto: www.gofundme.com

ʼn Durbanse vrou is in ʼn plaaslike hospitaal opgeneem nadat sy vandeesweek, enkele maande nadat haar man dood is, in haar huis deur rowers oorval en erg aangerand is.

Sandra Snijders (68) is tussen Maandagaand en Dinsdagoggend in haar huis in uMgeni Park in die noorde van Durban aangeval. Toe sy Dinsdag nie vir werk opgedaag het nie, is haar familie in kennis gestel en haar seun, Bram, het by haar huis gaan ondersoek instel. Hy het Sandra aangetref waar sy bewusteloos op die vloer van haar sitkamer gelê het.

Kyle van Reenen, woordvoerder van Marshall Security, het gesê Sandra was in ʼn kritieke toestand toe sy gevind is. Sy is erg aangerand en gewurg voordat die rowers die huis geplunder en gevlug het. Volgens Van Reenen is Sandra op die toneel gestabiliseer voordat sy na ʼn hospitaal gehaas is.

IOL berig Sandra se man is in Oktober 2016 dood en dat sy nog besig is om gewoond te raak om op haar eie woon.

Sandra Snijders kort na die aanval. Foto: Verskaf

Sandra Snijders kort na die aanval. Foto: Verskaf

Intussen het familielede en vriende van Sandra ʼn skarebefondsinginisiatief van stapel gestuur om geld in te samel om Sandra se mediese onkoste te dek. Volgens inligting wat op die fondsinsameling-webblad gedeel is, word Sandra deurentyd deur ʼn neurochirurg gemonitor en het sy steeds baie pyn.

“Die skending van haar liggaam en haar huis was vir ʼn goedkoop selfoon en haar beursie, wat so maklik vervangbaar is,” lui ʼn inskrywing op die webblad. “Maar dit gaan heelwat terapie verg om Sandra te help om oor hierdie lewensveranderende en traumatiese beproewing te kom.”

Brian Daish, voorsitter van die plaaslike gemeenskapspolisiëriingforum, het gesê inwoners in die gebied is baie bekommerd oor misdaadvoorvalle wat daar aan die toeneem is. “Misdaad is natuurlik ʼn probleem oor die hele Suid-Afrika, maar dit het hier heelwat toegeneem die afgelope tyd. Dit is meestal huisbrake, maar dan kry jy af en toe ernstige voorvalle soos wat [met Sandra] gebeur het,” het hy gesê.

Besoek Sandra se GoFundme-blad vir meer inligting of om tot die fondsinsameling by te dra.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

39 Kommentare

Will i am ·

Dinge raak nou net te erg in hierdie land. Jy kan omtrent nie meer beweeg nie dan word jy aangerand,besteel of vermoor.

peanut ·

My voorstel sou wees dat die staat ALLE pasiente wat as gevolg van misdaad beseer is, se mediese kostes, by privaat instansies (want die staat s’n is te pateties), dra; en ALLE begrafnis kostes van ALMAL wat vermoor word, hetsy of dit plaasmoorde of ander moorde is.

Die geweldige uitgawe van hierdie gemorsspul behoort, hopelik, die staat te oortuig dat hulle iets daadwerkliks moet begin doen om misdaad hok te slaan.

As hulle die drek wat die oortreding begaan met handskoentjies kan hanteer, om nie sy/haar menseregte te na te kom nie, en boonop gratis akkommodasie, etes en mediese hulp kan gee, hoekom nie hul onskuldige slagoffers nie.

Verder stel ek voor jul ganse nasie, alle volkegroepe, ruk op soos een man, staan vir n slag saam teen misdaad, en gaan betoog by elke liewe kantoor waar parlementslede vergader, of bymekaarkom, en dring aan dat die regering aksie neem. As hulle dan nie misdaad wil aanspreek, lig dan tenminste die las van die slagoffers en hul families.

Henda ·

Peanut, ek stel 100% met jou saam, as die SAP nie misdaad kan bekamp nie moet hulle verantwoorderlik gehou word vir die slagoffers se mediese onkostes. Die meerderheid gemiddelde persoon kan nie die duur mediese fondse bekostig nie en is afhanklik van staatshospitale. Word die krimineel gevang kry hy gratis mediese behandeling, kos en klere want hy het mos regte. Pateties verby.

snoefie ·

goeie plan. die hoe mediese eise laat hulle dalj wakker skrik en hulle alies in rat kry. hendra self met mediese fondse is die bybetalings vir alles behalwe vigs medisyne hemel hoog. tandheelkunde heel bo aan die lus.

Leon ·

Peanut ek stem saam met jou sentiment oor betaling, maar waar gaan die staat die geld kry wat hulle vir slagoffers moet betaal? Van ons as belastingbetalers natuurlik. Dit beteken ons gaan ekstra belasting betaal om die regering se onvermoeë te subsidieer.

Vic ·

Jy weet dat die “staat” eintlik die belastingbetalers is, ne? En dat nie een van die regeringsmanne persoonlik n sent sal bydra nie?

Helene Heyns ·

Ek dink dis n briljante voorstel maar …………….waar begin jy om dit in werking te stel.

Pam ·

Ek dink Donald Trump moet die gemors in ons land ook kom uitsorteer want dis baie duidelik ons regering het die land en sy mense gefaal en die gemors van buurlande loop oor die grense van ons land en help die misdaad verder aan waar moontlik.

Johann Marx ·

Shame Pam….Donald Trump? Die Paashaas? Kersvader en die Tandemuis? Waarom sal enige van hulle “ons selfgemaakte gemors” namens ons kom uitsorteer?? Wat sou hulle motivering wees? Boelies hou net op boelie wanneer hulle ‘n slag hard terug geslaan word……maar al wat ons nou sit en doen is klae en kerm en slagoffers wees!!

theo ·

Ek stem saam met jou, die anc met sy kamstige goeie en “menslike” beleid ( ongelukig kom net gemors ons land binne) veroorsaak menslike leiding. Die SAP vang omtrent net 20% van gevalle.

jo-anli ·

Dinge sal nooit regkom nie, ekself is al 3 keer daardeur . Geen berading kan ooit daardie trauma wegneem nie. Nie een keer het ek geweier om geld kar srlfoon te gee. Nee hulle moes my skiet en aanrand. Kan net sê met genade vanGOD is ek nog hier en het ñ fantastiese man en ondersteuning. Hulle kry so lekker om jou so aan te rand

jeannine ·

eers wens ek Sandra ‘n goeie herstel waar verdien die mense dit in volle rou periode van haar man en nou dit ? is dit nog menselik met die gemors daar ek het dit nog gese hier op die forum mense kla dit aan in die europese unie en maak dit bekend wereld wyd wat daar aan gaan in suid Afrika dit is grote skande

Sê maar net ·

Ek dink mense moet die staat begin dagvaar vir al die onkostes. As hulle nie plan wil begin maak nie moet hulle begin betaal.

Andre vander bank ·

Die “Staat” gee, en sal nooit omgee vir sy burgers nie!! Waarom sal hulle nou wil opdok. Die President is n ruggraatlose jelly vis wat slegs omgee vir homself.

Petro ·

Ek is nie n voorstaander van rasisme of geweld nie, Diee gaan my verstand te bowe. n Weerlose vrou, geknees tog ferm en sag, wat het sy hulle ooit aangedoen en dit seker net vir n paar rand en n selfoon, vra en daar sal gegee word jou lewe is meer werd as aardse besittings, wat is daar nou bereik deur die geweld

Johanna ·

Ek stem saam met Peanut. iets moet gedoen word. die onkostes beloop der duisende rande, put medies fonds voordele uit. Die Staat moet nou betaal!!

Bolander ·

Julle gaan nou almal dink ek is die kluts kwyt, maar ek het al gewonder en gewonder en nogmaals gewonder oor al hierdie monsters wat mense so doodmaak. Waar kom hulle werklik vandaan? Mense is hulle definitief nie!!!!!!!!!!!! Is dit nie een of ander spesie wat van iewers af kom nie??? Ek weet nie wat die antw is nie maar miskien is daar iemand daar buite wat lig op die onderwerp het??

Alida ·

Vra vir Malema en daai pateet van n stortkop wat dans en spring en sing bring my geweer!

Annie ·

Ek dink dit is iemand van binne wat weet sy is alleen. Ek verag hierde kriminele!!

M'Lady ·

Al wat ek kan voorstel is vir almal om die F W de Klerk Foundation se fb page te peper met hierdie nuusberigte totdat hulle n antwoord teruggee.

Boetman ·

Het daardie een al probeer. Water van n eendvoël se rug. Hy lewe lekker en pleit ouderdom.

Oja ·

Eis vir skending van mense regte moet ingedien word by die staat. Die land se mense word nie beskerm nie? Hoekom moet die mense nog Sars betaal ??? Die belasting betalers word aan gerand .vermoor. Verneder en geplunder.

Koos ·

Beveilig en bewapen julself mense, dit is die bottom line. Kry vir julle saam met dit n groot hond wat jou kan waarsku en beskerm. Hierdie dinge gaan net toeneem

Cherokee ·

Ek was vanmiddag met etenstyd in Umgeni Park vir ‘n sakebesoek. Dit lyk so rustig daar maar so is Suid Afrika; rustig op die oog af maar wat in die donker gebeur is onheilspellend. As die rustigheid van vroeëre dekades tog net kan terugkeer.

Hugo D ·

Hierdie week 3 jaar gelede is ons in ons huis in SA binnegeval, bly heerlik die laaste 2 en n half jaar in die VSA, besit nie eers meer n wapen nie en slaap met altwee my oe toe, geen heinings en kan rustig leef…..sal nooit weer daar woon nie!

Danie ·

Hugo D kan jy en die ander Suid Afrikaners assebblief probeer om so veel as kan van hierdie inligting in Amerika versprei. Stig assebief `n webwerf ofeen of ander vorm van verspreiding van inligting en wys die wereld hoe ons Afrikaners teen ons wil verhoed word om volgen normale menseregte te leef. Hoe daar probeer word om ons met onderdrukking en geweld uit ons geboorte land te dryf. Kan ons nie ooral in die wereld waar daar baie van ons vlugtelinge is dit doen nie.

Danie ·

Dit is duidelik dat die regering(ANC) geen woord hieroor se nie. Indien enige voorval sal plaasvind van blanke kant af sal die pers en die regering egter `n groot bohaai opskop. Volgens my regeer die ANC ons land met erge rassisme. Dit is duidelik. Ek hoop Steve vesamel so veel as kan inligting om die indirekte onderdrukking en rassisme teen ons wit mense deur die rigime bloot te le. Ons sal enige manier moet gebruik om dit om te draai.

Secret ·

Vreeslik en arme vrou wie haar man ook onlangs verloor het. Die pyn en trauma waardèur sy nou moet gaan
Ja ons raak spraakloos en beslis moet ons onsself beveilig en wakker loop. Skokkend by die dag meer.

sarie van heerden ·

Om myself te beskerm het ek vandeesweek kamera’s binne in my huis laat installeer en kan ek vasstel wat in my huis aangaan selfs al is ek uitstedig is dmv my selfoon/tablet waar ek elke vertrek kan monitor. By die huis sien ek presies wat aangaan via ‘n monitor wat langs my bed staan. My kinders het ook toegang via hul tablet/selfoon tot die gebeure. Sodoende kan hul enige tyd inskakel en sien wat gebeur in my huis. Buite die huis het ek ‘n alarmstelsel wat my vroegtydig inlig as iemand naby my huis kom. Dis belangrik dat ander mense weet wat BINNE in jou huis aangaan.

A.S.Neethling ·

Waar ek woon het ons (dink ek) op ‘n oplossing afgekom. Ons hele area is in buurtareas verdeel wat elk ‘n wapp groep het. D.m.v. hierdie boodskappe trek ons nou die skelms vas. Daar is ook vrywilligers wat saans (nie elke nag nie) patrolleer. Ek dink die blote feit dat hier net sommer ‘n “iemand” kan loop sonder dat een van ons wonder wat hy hier doen en die ander vra kyk ook uit vir so-en-so maak ons almal beslis meer paraat. So bitter jammer vir hierdie arme vrou wat nou ‘n dubbele trauma moet verwerk. Die lewe het my geleer dat as jy hande gevou sit en wag dat “iets” moet gebeur…gebeur daar net mooi niks. Rol op die moue en kom in beweging. Maak planne. Ons IS slimmer.

SARIE VAN HEERDEN ·

SIT KAMERA’S BINNE JUL HUIS SODAT JUL SELFS OP JUL SELFONE KAN SIEN WAT BINNE JOU HUIS AANGAAN WANNEER JY NIE TUIS IS NIE, EN OOK KAN VAN JOU VRIENDE OF KINDERS TOEGANG KRY TOT DIE BINNEWERKINGE VAN JOU HUIS.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.