Week begin met fase 3 en 4

(Foto: Mariska Nanni / Maroela Media)

Eskom het Sondag aangekondig dat fase 3- en 4-beurtkrag Maandag ingestel sal word en tot verdere kennisgewing van krag sal wees.

Volgens die kragvoorsiener sal fase 3 Maandag tussen 05:00 en 16:00 geïmplementeer word, gevolg deur fase 4 wat tot Dinsdag om 05:00 sal geld.

Dié skedule sal dan tot verdere kennisgewing voortgaan.

Altesaam 7 417 MW is tans weens beplande instandhoudingswerk nie beskikbaar nie, terwyl nog 15 148 MW weens onbeplande herstelwerk nie beskikbaar is nie.

Daar is die afgelope 24 uur ook vier opwekkingseenhede by die Kriel-, Matimba-, Matia- en Tutuka-kragstasie in diens gestel.

In dieselfde tydperk is ʼn opwekkingseenheid elk by die Duvha-, Hendrina- en Kriel-kragstasie van lyn af weens herstelwerk.

Verder is die herstel van ʼn opwekkingseenheid elk by die Duvha- en Tutuka-kragstasie vertraag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

annie ·

… en daar stuur die Sjinese ‘n vuurpyl op met ‘n vloeibare steenkoolgebaseerde gel as brandstof. Seker van die steenkool vir ‘n appel of ei verkry van SA? Maar ons moet maar dom wees en bly. Die Ooste sal gedy… Lees die Sjinese nuusblad op tv. SA kan skatryk word!

WILLEM ·

Die wintewr kom vinnig nader – Eskom sal moet uithaal en wys

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.