Weerlig slaan vrou by Kempton dood

Verskeie mense is die afgelope paar maande deur weerlig doodgeslaan. (Foto: Emer-G-Med)

ʼn Vrou is dood en nog een veg om haar lewe nadat die weerlig hulle Maandagaand in Kempton Park raakgeslaan het.

Kyle van Reenen, woordvoerder van die nooddiens Emer-G-Med, sê paramedici was omstreeks 18:00 in Jonesweg waar albei vroue op die grond gelê het.

Een van die slagoffers (40) het geen tekens van lewe getoon nie en paramedici het haar op die toneel dood verklaar.

“Die tweede vrou was in ʼn kritieke toestand,” sê Van Reenen.

Sy is op die toneel gestabiliseer voor sy na ʼn nabygeleë hospitaal vir verdere behandeling geneem is.

Verskeie mense is die afgelope sowat drie maande deur weerlig doodgeslaan terwyl stormweer oor groot dele van die land gewoed het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.