Weermaghoë se vrou in hof vir bedrog van miljoene  

(Argieffoto)

Die vrou van ʼn senior weermaggeneraal is op borgtog van R80 000 vrygelaat nadat sy op aanklag van bedrog van R100 miljoen in die hof verskyn het.

Nombasa Ntsondwa-Ndlovu is Woensdagoggend in hegtenis geneem. Volgens haar borgtogvoorwaardes mag sy nie kontak met getuies maak nie en moes sy haar paspoort inhandig. Sy moet op 9 Desember weer in die hof verskyn.

Sipho Ngwema, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), het gesê ʼn tender is deur die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) aan Ukhumbe Marine, die wettige entiteit wat deur Ntsondwa-Ndlovu besit word, toegeken om weermagtoerusting uit Afrikalande terug na Suid-Afrika te vervoer. Die kontrak se waarde was ongeveer R24 miljoen.

Volgens Ngwema het Ntsondwa-Ndlovu glo vals inligting en dokumente verskaf as deel van die tenderproses. Sy het glo daarna nog ʼn kontrak van R103 miljoen gekry – ook om weermagtoerusting te vervoer. Soldate is intussen na Suid-Afrika teruggeroep en dié kontrak is gekanselleer.

Ntsondwa-Ndlovu het toe R30 miljoen van die SANW geëis en beweer dat sy reeds, voor die kansellasie van die kontrak, uitgawes ter waarde van dié bedrag aangegaan het. Dokumente wat blyk vals te wees, het die uitgawes uiteengesit.

Sunday Times het verlede jaar berig dat daar talle foto’s op sosiale media gedeel is waarin Ntsondwa-Ndlovu en haar man, genl. Noel Ndlovu, spog met hul luukse leefstyl. Daar is foto’s waar hul eersteklas vlieg, op oorsese vakansies is en waar hulle voor hul huis van miljoene rande in Sandton staan. Daar is ook foto’s waar hulle by luukse motors soos ʼn Maserati en ʼn Range Rover staan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

30 Kommentare

jongste oudste gewildste
Casper

Die generaal wonder nie waar kom die baie geld skielik vandaan nie.Het hy dalk ‘n aandeel gehad in die toeken van die tender.So gulsig dat sy dokumente vevals om meer geld te kry.So sy voel vere of dit belasting betalers is wat moet opdok solank hulle net in weelde kan lewe.Die Senekal sakeman kry nie borg nie want hy kan met staatsgetuies inmeng,Agressi kry nie borg nie want hy is ‘n vlugrisiko maar madam kry borg.Duisende mense kry borg maar woon nie die hof by nie.So maklik soos dit:reik’n lasbrief uit.Dit is hoekom die borgtogstelsel daar is om oorvol tronke… Lees meer »

Casper

Gaan hulle nou beslag lê op hulle bates en bankrekening vries.Dit sal mos net regverdig wees.What is good for the goose is good for the gander.

Strandloper

Hoe stupid kan n mens(sic) nou regtig wees?

Persheks Adri

R80 000 borg vir R100 miljoen se bedrog! Dis mal man!

Die Wolf

Nog einde niet.