‘Wees paraat’, maan VF Plus ná moord op beesboer

John Viedge is Sondagoggend in sy plaashuis in die Oos-Kaap doodgeskiet. (Foto: Facebook)

Die Vryheidsfront Plus (VF Plus) het opnuut ’n beroep op landelike gemeenskappe in die Oos-Kaap gedoen om hul veiligheidsmaatreëls en paraatheid op te skerp, nadat ’n boer die afgelope naweek in dié provinsie vermoor is.

Maroela Media het berig dat die 79-jarige beesboer John Viedge Sondag in die vroeë oggendure in sy plaashuis, Highlands, naby Nqanqarhu (Maclear) doodgeskiet is.

Brig. Tembinkosi Kinana, polisiewoordvoerder, het gesê dit blyk dat drie onbekende mans deur ’n venster toegang tot die huis gekry het. Soos vroeër berig, kon die verdagtes weens ’n veiligheidshek nie toegang tot Viedge en sy vrou se slaapkamer kry nie en is Viedge glo deur dié hek doodgeskiet. Sy vrou is nie beseer nie.

Volgens Kinana is daar oënskynlik niks gesteel nie. Kinana het Dinsdag aan Maroela Media bevestig dat niemand nog in verband met die voorval in hegtenis geneem is nie.

“Inwoners van landelike gemeenskappe word aangemoedig om aan te sluit by hul plaaslike buurt- en plaaswagte wat ’n gesamentlike doelwit het om die omgewing te beveilig in samewerking met die polisie,” het Piet Mey, VF Plus-LP en provinsiale leier in die Oos-Kaap, Dinsdag gesê.

“Die VF Plus het nog altyd erns gemaak met plaasaanvalle en dring daarop aan dat die landelike beveiligingsplan, wat voorsiening maak vir die aanstel van bykomende personeel vir gespesialiseerde landelike eenhede, ten uitvoer gebring word.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Persheks Adri ·

Is die klagstaat al verander na moord toe in plaas van huisroof? Ja natuurlik is daar niemand in hegtenis geneem nie hy’s mos blanke boer… Ons MOET die nuwe wapen wet baklei mense die kriminele is orals en ons almal is onveilig!

Chris dupreez ·

Niks anders as moord agv swak polisiëring en aanhitsing.

Samuel ·

Hoekom sal die polisie haastig wees om vermeende moordenaars aan te keer?? Dit is ‘n wit boer, ‘n koloniale bevoordeelde wat dood is! SA is ‘n wreedaardige land.

Jr ·

VF is kleingeld teen Afriforum en Solidariteit. Hulle hoort te staan in verkiesings. Ek het vir VF gestem maar aaih ek weet nie meer. Net praat niks aksie

Cherokee ·

Miskien sal cele motivering loods om meer selfverdedigingswapens toe te laat, vir die publiek.

Marina ·

Hoe meer paraat moet ons nou nog wees??? Hulle is so skelm en wag jou om elke hoek en draai in. Wat se verweer het jy teen iemand wat nie skielik langs jou staan met ‘n vuurwapen? Ons word nou helder oordag ook aangeval. Moet mens nou maar glad nie meer uit jou huis gaan nie, heeldag met jou vuurwapen in jou hand loop en om elke hoek en draai versigtig loop. Wat meer en hoe meer paraaat moet mens nog wees? Ja, moet nie uitgaan in die aand nie … dit is logies. Wat nog wat meer

Jakes ·

Gaan soek die verfoeilike skuldiges in die informele nedersettings in die omgewing of in die bosse naby die plaas. Innige meegevoel met die boer se familie en vriende.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.