WEF2019: SA ondersteuning vir Zim beperk deur dit wat hy kan bekostig

Lindiwe Sisulu, minister van internasionale betrekkinge, gesels met die African News Agency tydens die Wêreld- Ekonomiese Forum (WEF) in Davos, Switserland (Foto: ANA)

Suid-Afrika sal Zimbabwe ondersteun sover hy kan, maar slegs binne die raamwerk van dit wat hy kan voorsien.

Só het Lindiwe Sisulu, minister van internasionale betrekkinge, Dinsdag op die kantlyn van die jaarlikse Wêreld- Ekonomiese Forum (WEF) in Davos, Switserland, gesê.

Sisulu het gesê Suid-Afrika hou kommunikasiekanale oop met die buurland, toe sy gevra is oor die plofbare situasie in Zimbabwe. “Ons dink Zimbabwe is in ʼn ongelukkige toestand waar ʼn groot deel van die bevolking ontevrede is en hul misnoeë baie duidelik in die strate uitbeeld,” het sy gesê.

“Ons sal graag ondersteuning wil bied aan die regering van Zimbabwe, om seker te maak dat hulle stabiliteit kan verskaf en gemoedere so vreedsaam as moontlik kan kalmeer. Ons is bereid om hulle tot die beste van ons vermoë te ondersteun. Ek is nie seker of dit finansieel of op enige ander manier sal wees nie. Ons ondersteuning hang natuurlik af van ons vermoë om dié ondersteuning te bied. Dit sal nie noodwendig wees wat hulle nodig het nie, maar wat ons kan bekostig.”

Suid-Afrika het glo in Desember ʼn versoek van Zimbabwe vir ʼn lening van $1,2 miljard (ongeveer R16,6 miljard) afgekeur.

ʼn Groot styging in die petrolprys het tot betogings gelei en sekuriteitsmagte moes verlede week ingryp in groot sentra soos Harare en Bulawayo. Daar was teenstrydige berigte oor die getal mense wat dood en beseer is.

Emmerson Mnangagwa, president van Zimbabwe, sou die WEF-beraad bywoon ná ʼn besoek aan Rusland, maar het Sondag besluit om eerder terug te keer huis toe om die krisis te takel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Manie ·

Julle sal moet help want die kriminele in altwee regerings loop kop aan kop

Willem Grobler ·

Dit was die ANC wat nie die morele moed gehad het om die verkiesing wat ZANU-PF destyds verloor het aan die wenners toe te sê nie en hulle is dus aandadig aan die onuitsorteerbare gemors waarin Zimbabwe gedompel is deur hul sielsgenote.

marous ·

Julle het hard saam geflans aan die bitter pot medame . Smul nou lekker ….

IK ·

Ons staan aan die vooraand van dieselfde soort ding maar wil dit nie besef.

Liewe Heksie ·

Stem honderd persent saam met IK, buitelanders stroom in hordes Suid-Afrika toe, al probleem is net waantoe gaan hulle hardloop van hier af?

Vryheid ·

Ag asseblief ons kan onsself nie eers help nie, binnekort gaan ons die buiteland ook begin smeek vir hulp. Bakhand mentaliteit van Afrika

Johan H. ·

Asb. Net nie met my belastingeld nie, sorteer eers die gestelery in jou kabinet uit.

Andre ·

Hoe gaan hy dit uitsorteer, dieselfde manier wat sy brigade dit gedoen het in die verlede ?

Henry ·

Hoe kan julle Zimbabwe help as ons eie mense in die land nie eers kos op hulle tafels het nie. Dit is mos vra vir betoging en zenafobia in ons eie land. Gaan voort !!

PJC ·

Hier is nie genoeg geld vir die regering om hulle eie probleme ui te sorteer nie en nou wil hulle nog geld weggee. Dit wys weereens dat hulle nie omgee wat hulle aanvang nie. Dit maak ook nie vir hulle saak of die land op die rand van die afgrond is nie.

Morne ·

2de Zim is RSA. Sad, maar is waarheid… en dit kom vinniger as wat almal dink, haal die klappe af!

Etienne Venter ·

Zimbabwe moet maar net by oom Bob en tannie Grace gaan vra vir ‘n paaiement of twee van die terugbetaling vir die miljarde wat hulle uit die land geneem het. Noudat hulle so mooi saamwerk met Rusland kan daar ook ‘n bron vir hulp wees. Ons kannie meer help nie. Ons moet nog betaal vir ons reis op dieselfde pad.

Hanna Hoekom ·

Oh, cry me a river! Huisves ons nie reeds miljoene van hul burgers nie? Ek dink SA het sy deel gedoen.

Stripes ·

Maar ons het mos nie nodig om Zim meer uit te help nie, Rusland het dit klaar gedoen. $267 miljoen aan lenings, mineraal-ontginnings ooreenkomste, verskaffing van kunsmis asook deur Zim vir die res van Afrika. Dan het China ook beheer oor een van die myne. Zim se president kan dus nou lustig voortgaan waar Mugabe opgehou het en die land in totaal verkwansel. Dieselfde as wat die anc met RSA besig is. In 1974 het ‘n lid van Rhodesië se SAS magte aan my genoem dat RSA presies dieselfde pad gaan volg. Hy was toe reg en is nogsteeds reg.

Ander Koos ·

Waarom geld soek? Regering en meelopers besit mos die grond so almal is mos nou ryk

@IK ... van Bitterbek ·

Jy slaat hom opi kop! Dieselfde lot, die medames so die opi foto en haar geliefde comrades wat Zim hulp bring het waar hul nou is een groot gemors weet nie van beter…Nou moet hul maar help betaal om daai lot wat die gemors geskep het te help en dit op die omkostes van die arme Suid Afrikaanse mense wie se ekonomie ok erg wankel oor dom radikale besluite…wtf dink die lot???Hopelik sien hul nou vinnig hoe beroerd n land se ekonomie kan raak met dom besluite…Honger werklose mense al is hul jou eie sal teen jou draai!
Vat n raai waar het Zimbabwe se probleme begin ??? Kyk dan na die Anc se fascitiese ideale en jy behoort te kan sien wat kom vir Suid Afrika…Maar kan die lot leer uit anders se duur foute…ek dink nie so…Te vol haat en te korrup…Daar is groot probleme aan die kom mits die lot nie vinnig wakker skrik nie .

Frikkie ·

Nou toe nou hoekom wil julle nou nie julle maatjies help wat die wit boere weggejaag en al hulle grond onteien het nie? die mense in zim was mos reg en julle het hulle ondersteun deur dik en dun toe hulle die wittes gejaag het. Nou wat nou? Julle wil die selde hier doen maar sien dit werk nie. So wat nou? Onthou doe gesegde ‘insanity is doing the smae thing over and expecting a different outcome” as dit hier ook gebeur want julle soek daarvoor.

Andre Stander ·

Ek verstaan nie hoekom die burgers van Zim so ongelukkig is nie!? Hulle is dan ‘vry’, en hulle het die ‘grond’…??

Hulle petrol is nou die duurste ter wêreld, maar ten minste is hulle ‘vry’, en hulle het die ‘grond’…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.