Kol. Sabata Mokgwabone, woordvoerder van die polisie, het Maandag gesê die polisie is omstreeks 13:50 na die toneel in Setlhwatlhwe ontbied. Drie werknemers van die maatskappy was by ʼn winkel in die nedersetting besig om geld te tel toe hulle deur drie gewapende rowers oorval is.
“Die rowers het glo voorgegee om kliënte van die winkel te wees, voordat hulle die bestuurder van die afleweringsvoertuig van agter gegryp het. Toe hulle dit nie kon regkry om hom te oorrompel nie, het hulle hom in die bors geskiet,” het Mokgwabone gesê.
Die rowers het daarna die ander werknemers en winkeleienaar met kabelbinddraad vasgebind voordat hulle met ʼn groot bedrag geld en die afleweringsvoertuig op die vlug geslaan het. “Die voertuig is later verlate langs die pad gevind nie ver van die toneel nie,” het hy gesê.
Volgens Mokgwabone is paramedici na die toneel ontbied, maar die man was by hul aankoms reeds dood. ʼn Saak van gewapende roof en moord word ondersoek.
Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.
Ja nee kyk… so het ons nou Vryheid, Vryheid om te vat, moor, steel, verkrag na Vrye-wil… Hoef vir niks te werk nie… vat net.. moor net.. steel net… Ons is mos honger….
So het ons in Suid Afrika Vryheid- Vryheid om te moor, steel, roof, verkrag ents.. Dis sekere se reg om net vat. Nee wat n dag se eerlikke werk steek nie in hulle pype nie… Makliker om te vat wat nie joune is nie..
SA se Vryheid- om te kan vat, steel, roof, moor soos jy wil…