Werker val glo boer aan dae ná afdanking

(Argieffoto)

Die polisie is op die spoor van ʼn Oos-Kaapse plaaswerker wat glo enkele dae nadat hy afgedank is, terug na die plaas is en sy werkgewer met ʼn mes aangeval het.

Die 53-jarige boer was Donderdagoggend op sy plaas in die Barkly-Oos-omgewing besig toe ʼn plaaswerker, wat twee dae vantevore afgedank is, hom aangeval het.

Volgens kapt. Ursula Roelofse, polisiewoordvoerder, het die plaaswerker die boer met ʼn mes aangeval en het die slagoffer beserings aan sy bolyf opgedoen en is hy na ʼn hospitaal geneem vir behandeling.

“Die verdagte is steeds op vrye voet, maar ons verwag dat hy binnekort vasgetrek sal word,” het sy gesê. Die polisie ondersoek ʼn saak van aanranding met die doel om ernstig te beseer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.