‘Werkers het gepraat, ons moet luister’

Pres. Cyril Ramaphosa tydens Vryheidsdagvieringe verlede maand. (Foto: GCIS)

Die groei van die ekonomie en werkskepping sedert die aanvang van demokrasie is die afgelope dekade ondermyn deur nie net die 2008-finansiële krisis en die skerp daling in kommoditeitspryse nie, maar ook deur staatskaping, korrupsie en swak regering.

“Die werkers by die Royal Bafokeng-stadion het duidelik gemaak wat elke Suid-Afrikaner weet: Die werkersklas en die land se armes ly,” het pres. Cyril Ramaphosa Dinsdag in sy weeklikse nuusbrief in reaksie op sy uitjouery by ʼn Werkersdagviering in Noordwes gesê.

Werkers van die Sibanye-Stillwater-mynmaatskappy het plakkate omhoog gehou waarin hulle ’n salarisverhoging eis, terwyl hulle “Cyril moet gaan” gesing het. Van dié werkers is lede van die vakbonde NUM, Amcu en Nehawu.

Die president het vergeefs sy toespraak probeer lewer en polisiebeamptes en veiligheidsbeamptes het hom inderhaas weggelei.

“Die werkers wou gehoor word. Hulle wou hê hul vakbondleiers en die regering moet begrip toon vir hul kommer en die uitdagings waardeur hulle in die gesig gestaar word. Deur hul stemme dik te maak het die werkers ʼn tradisie van militantheid voortgesit wat al dekades lank deel van die arbeidsbeweging in die land is,” sê Ramaphosa.

Hy sê die regering is ten volle daartoe verbind om die stappe te doen wat nodig is om mense se lewens en werksomstandighede te verbeter, maar dat die regering dit nie op sy eie kan doen nie. “Dit benodig die arbeid- en sakesektor – eintlik die hele samelewing – om saam te werk om groei te bewerkstellig en die ekonomie te transformeer.”

Wat die werkers die afgelope naweek ook duidelik gemaak het, is dat meer vinniger gedoen moet word om probleme soos werkloosheid, armoede, ontbering en honger te pak.

“Die werkers het gepraat. Ons moet luister. En saam moet ons optree,” sê Ramaphosa.

Die president verwys in sy nuusbrief ook na verskeie projekte wat die regering reeds van stapel gestuur het om die lot van armes te verlig. In 2020 het die regering die grootste maatskaplike en ekonomiese hulpverligtingsprojek bekend gestel, die spesiale Covid-19-toelaag van R350 geld steeds (en word maandeliks aan meer as 10 miljoen mense uitbetaal), terwyl projekte soos die Presidensiële Indiensnemingstimulusprogram sedert sy aanvang werksgeleenthede aan meer as 860 000 mense gebied het.

Ramaphosa sê ook die meeste van diegene wat by Rustenburg saamgetrek het, ken waarskynlik iemand in hul gesin of gemeenskap wat ʼn toelaag of ʼn ander vorm van hulp van die regering ontvang. Hy gee ook toe selfs meer moet gedoen word, maar sê fundamentele hervorming en verhoogde belegging in infrastruktuur gaan vinniger ekonomiese groei en werkskepping bewerkstellig.

“Die uitdagings wat werkers dié Werkersdag in die gesig staar is groot en die lyding wat hulle verduur ook. Die pad vorentoe gaan moeilik wees en baie moet gedoen word. Dit is hoekom ons vertroue en sekerheid nodig het en hoekom ons ʼn maatskaplike ooreenkoms aangaan wat nie net die steun van werkers het nie, maar ook mengingsvolle voordele vir hulle inhou.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

35 Kommentare

jongste oudste gewildste
domheks

Nou skep dan werk! Moenie net praat nie! Vakbonde regeer die land nie die regering nie!

George

Besef die regering dat hulle elke maand R3500 000 000 weggee? Vir 24 maande. Kon die geld nie gebruik word om werk te skep en nuwe fabrieke en winkels op te rig nie, maw skep werk. Lyk my dis eerder makliker om belasting betalers se geld weg te gee as om daarmee te woeker. Hoe oorleef mens in elk geval met R350/maand? Red nou so ‘n regering!

Strandloper

JY moet luister jou kominus! Volg ons voorbeeld “Ek sal self”

casper

No maar Rammerdeposer .
Se vir jou werkers niks stop hulle om vir ‘n ander onderneming te gaan werk as hulle ongelukkig is oor betaling nie.
Niemand forseer jou om vir enige werk aansoek te doen nie.
As hulle so sterk voel oor die saak dan stop niks hulle om hulle eie ondernemings te begin nie en hulleself dan die salaris van hulle keuse te verdien nie.

Mariana

Probleem is dat die werkloosheid oor almal heers nie net sekeres nie maar die hele bevolking. Woorde is goedkoop, iets doen daaraan, nie so maklik nie.