Werkskepping: Minder voltyds aangestel

(Foto: Henk Kruger/ANA)

Die syfer vir Suid-Afrikaners wat ʼn heeltydse werk het, het van September tot Desember met 11 000 afgeneem – van 8 621 000 na 8 610 000.

Statistieke Suid-Afrika het pas dié inligting aangekondig in sy kwartaallikse verslag.

Die grootste afnames was in die konstruksiebedryf, die vervaardigingsbedryf, die dienste in die sakesektor, vervoer en die mynbedryf.

Volgens die verslag was daar nietemin wel groei in handel- en gemeenskapsdienssektore.

Aktiwiteit in dié sektore het gelei tot ʼn kwartaal op kwartaal groei van 0,8%.

Altesaam 9 640 000 mense het teen die einde van verlede jaar werk gehad.

Die toename in Suid-Afrikaners wat tydens die vierde kwartaal van 2020 in diens geneem is, is hoofsaaklik te danke aan meer werke in die handel (54 000), gemeenskapdienste (51 000) en sakedienste (4000). Die konstruksiebedryf het egter 18 000 werksverliese getoon en werksgeleenthede in die vervaardigingsbedryf het met 13 000 afgeneem.

Vervoer en mynwese het ook elk ʼn afname van 1 000 werknemers aangeteken.

In ooreenstemming met die toename in mense wat tussen September en Desember in diens geneem is, het salarisse en lone wat aan werkers uitbetaal is, in dieselfde tydperk met 3% toegeneem, van R631,8 miljard in September tot R650,4 miljard in Desember. Daar was dus ʼn skerper toename in die vergoeding wat aan werkers betaal is as wat werkers in diens geneem is.

Die bedrag wat in Desember verlede jaar aan basiese salarisse en lone bestee is, is egter steeds R22,9 miljard minder as die bedrag wat in Desember 2019 uitbetaal is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Stefan ·

En die enkele gelukkiges wat wel ‘n werk het staak en verwoes meeste van die tyd.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.