Werner sê bekentenisse ‘onder dwang’ afgelê

Werner de Jager, Liezel de Jager, moord, Amanzimtoti, hof

Werner de Jager (Foto: Isabel Venter/Maroela Media)

Die bekentenisse wat Werner de Jager volgens die polisie gemaak het kort ná sy inhegtenisneming vir die moord op sy vrou, is volgens hom onder dwang gemaak.

Werner het Woensdag tydens die hervatting van sy borgtogaansoek in die Amanzimtoti-landdroshof ʼn aanvullende verklaring ingedien waarin hy onder meer aanvoer dat sy bekentenisse aan die polisie rakende die moord op sy vrou onder druk van die ondersoekbeampte afgelê is.

Volgens die staat sou Werner kort ná sy inhegtenisneming verlede jaar sekere bekentenisse oor die moord aan die polisie gemaak het en ook om vergifnis gevra het.

Liezel is op 13 Oktober 2021 buite die huis waar sy en Werner in Amanzimtoti gewoon het, vermoor.  Sy het pas teruggekeer van haar drafsessie saam met vriende.

Die staat voer aan dat Werner die moord op Liezel minstens twee maande vooraf beplan het. Hul huwelik het glo verbrokkel en Werner was in ʼn ernstige finansiële verknorsing en onder skuldberading, beweer die staat.

“Twee maande voor die oorledene se dood is haar testament gewysig sodat die applikant [Werner] die enigste begunstigde van haar hele boedel is,” lui die klagstaat. Werner is glo die een wat al die veranderinge behartig het. Hy was ook die enigste begunstigde van twee lewenspolisse op Liezel se lewe by onderskeidelik Old Mutual (R2 miljoen) en Momentum (R1,29 miljoen).

‘Werner moet nie borgtog kry’

Werner en Liezel de Jager. (Foto: Facebook)

Action Society, die drukgroep wat deur Liezel se ouers versoek is om die saak op te volg en te monitor, meen Werner moet borgtog geweier word.

“Werner se onstabiele geskiedenis maak hom ongeskik om vir homself en, nog belangriker, sy kinders te sorg. Action Society ondersteun die aanklaer se oproep om nie borgtog aan hom toe te staan nie om sy en sy vermoorde vrou, ds. Liezel, se kinders van verdere trauma te beskerm,” het Ian Cameron, direkteur vir gemeenskapsveiligheid by Action Society, gesê.

“Werner de Jager moet in aanhouding bly vir geregtigheid om sy gang te gaan. Ons voel baie jammer vir Liezel se ouers, kinders, familie en vriende wat hierdie verskriklike beproewing moet verduur. Werner het keer op keer gewys dat hy lieg – toe hy in hegtenis geneem is, het hy aan die polisie erken dat hy Liezel vermoor het, maar in die hof ontken hy dit. Dit is tipies van die misdadigers met wie ons elke dag te doen kry; hulle sal lieg om hul sin te kry. Hy kan netsowel lieg dat hy nie ʼn vlugrisiko is nie.”

Die hof sal Vrydag daaroor uitspraak lewer op watter skedule misdryf Werner aangekla sal word en die borgtogaansoek sal weer op 5 Februarie hervat word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Barney ·

Nou hoekom sou sy die testament ten gunste van hom verander het as hulle huweliksprobleme gehad het? En as hy dit namens haar gedoen het, moet die persoon wat dit behartig het ondersoek word vir wanpraktyk.

Danie ·

Wanneer rolle met opset omgeruil word, vind sulke goed gewoonlik plaas.

bolletjie blom ·

En so gebruik hy ook dieselfde holrug geryde verskoning dat hy onder dwang moes praat. Almal doen dit.

Ore ·

Net ‘n versoek aan beskuldigdes…..staak die eentonige versie van “dit was onder dwang” Word hulle deur prokureurs vvorgesê om dit te doen of is hulle al so blootgestel aan die verweer dat dit altyd aangehaal word.

RissiepitAnna ·

Jammer ek gaan nou naar weer, maar wragtag, wat het so pragtige (geleerde) dame in die man gesien? Hys nie eens iets vir die oog nie, en boonop duidelik van persoon, net so swak gehalte. (soos die ou mense se: met n slap riem gevang) – rus sag pragtige mens. Jy sal gemis word.

Hendrik Marthinus ·

As hulle huwelik aan skerwe was , watter regdenkende vrou (sy was n predikant) so defnitief regdenkend, sou haar testament verander na dieselfde man wat sy wou skei?
Dit maak net nie vir my sin nie. Hiermee se ek nie hy het haar nie vermoor nie, maar bogenoemde kwessie moet ondersoek word.

Casper ·

Twee maande voor haar dood behartig hy verandering in haar testament.Was sy ooit bewus van die polisse?Dit blyk moord met voorbedagt rade te wees.Die dag van die moord was hy alleen by die pastorie,daar was geen struweling nie want sy het dit nie van haar man verwag nie.Hy het net gewag dat haar mede drawers weg is toe slaan hy toe en vermoor haar maar hy los haar selfoon en motorsleutels langs haar.Watter misdadiger sal dit doen.Die bekentenis onder sogenaamde dwang kom van sy prokureur af.Hoekom het hy probeer om selfmoord te pleeg en hoekom vlug hy Bloemfontein toe.Skedule 6 misdryf verg buitengewone omstandighede vir suksesvolle borg.

Michele ·

Classis case vir Dr Gerard Labuschagne om te doen. Wens hy kan betrokke raak. Die man is skuldig

Hendrik ·

Die vraagtekens bly maar massief. Om vals te verklaar dat jy moord gepleeg het moes die mate van dwang alle grense oorskry het. Vuurwapen teen die kop????

Jaco ·

Hy maak ‘n bekentenis teenoor die polisie net na die moord, maar daars geen inhegtenisneming nie. Dít gebeur toe eers meer as 2 jaar later onder dwang van Afriforum. Dis mos nou alles ‘n bewys dat SA se polisie en regstelsels nie moorde op wit mense ernstig opneem nie. Dis basies ‘n houding van “ag sy was mos maar net wit”. Selfde met die behandeling van wit mense in staatshospitale. Dis basies ‘n tipe “ethnic cleansing”.

electricmango ·

Die man is siek en moet verlos word van sy ellende. Hang hom op straat in die openbaar.

Republikein in die Wes Kaap ·

Seker ook nie pret om te bestaan as vriendelike, gawe “meneer dominee” nie. Sonder stabiele loopbaan en geld. Die man het op daai noodlottig dag net geknak. Alles sal in die hofsaal duideliker word.

anna2023 ·

@ Danie – Wat bedoel jy met …”wanneer rolle opsetlik omgeruil word…”?

bolletjie blom ·

Die man het alreeds ‘n reputasie. Hy het ook ‘n dame in die UK vermoor en dan ook die 2 dames wat dood is in ‘n motorongeluk wat hy veroorsaak het as gevolg van dronkbestuur. Sy karakter is onder verdenking.

Oosieoos ·

Hoekom altyd dpper genoeg om moord te beplan en uittevoer maar te lafhartig om die straf daarvoor soos a man te vat. Ek wonder altyd of die mense wat sulkes verdedig dan nie a gewete het nie. Die groot wiel draai altyd dan vra hulle hoekom

Tanya ·

Ek het beslis die man vermoed van dag een af, hy was maar lekker dom in baie opsigte… maar nie te min! Blerry apie ook nog, dan dink hy so wragtie waar hy is vreeslik snaaks, nee Werner, jy mag maar doekies omdraai maar jy gaan nie hiermee weg kom nie! Kan ‘n mens nou so geld gierig wees!

Wilna ·

Ek hoop en bid net dat hy nie borgtog toegestaan word nie. Hoe op deesaarde word dit nou Nog tot 5 February uitgestel! Hy moet gn boet vir dit wat hy gedoen ht punt klaar!

Irene ·

Die rolle is nie hier opsetlik omgeruil soos Danie hier in die kommentaar uiteensit nie. Wernet het in die eerste plek nie sy rol as eggennote vervul nie. Jy kon noe n werk behou nie…. Nee wat ek voel vir die man niks. Jy verdien nie eens n bord kos elke dag in die tronk nie. Hy verdien niks

AREND1 ·

Hoe gaan hy nou op daai geld kan leef as hy in die tronk sit en wanneer hy nou skuldig bevind word.Dan kan hy glad nie daai polisgeld kry nie en alles verloor.Nou moet hy mos n storie opmaak om weg te kom met moord.

AH ·

Hy was vir twee jaar op vrye voet alhoewel hy skuld beken het! Hoe was dit onder dwang! Hy is baie slinks en sal beslis weg raak indien borgtog toegestaan word!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.