Wes-Kaap oor donderstorms gewaarsku

Voorspelde reënval vir Sondag, 5 Maart 2023 (Grafika: Suid-Afrikaanse Weerdiens)

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het waarskuwings uitgereik teen donderstorms oor dele van die Wes-Kaap wat Sondag verwag word.

Stella Nake, woordvoerder van die Weerdiens, sê ʼn geel vlak 4-waarskuwing word uitgereik vir Sondag (5 Maart) vir erge donderstorms en hael wat tot oorstromings kan lei in die suidelike Kaapse Wynlande-distrik, Laingsburg en Prins Albert-munisipaliteite.

ʼn Oranje vlak 6-waarskuwing word ook vir Sondag (5 Maart) uitgereik vir erge donderstorms, wind en kitsvloede wat skade aan infrastruktuur kan veroorsaak vir die Overberg- en Tuinroetedistrikte.

Wydverspreide buie en donderstorms word Saterdag reeds reg oor die provinsie verwag.

Die reënval vir Sondag word voorspel op 40 mm – 60 mm vir die suidelike dele van die Kaapse Wynlande en Sentrale Karoo met tot 70 mm – 100 mm in die Overberg en Tuinroete-distrikte.

Nake maan die publiek om gereeld weervoorspellings op die televisie en radio te volg. Inligting sal ook gereeld by www.weathersa.co.za gedeel word en op die Weerdiens se Twitterprofiel by https://twitter.com/SAWeatherServic.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Henry ·

ek hoop dit reen in PE se opvang gebiede ook sodat ons damme water kan kry.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.