Wes-Kaapse DA-leier bedank

Bonginkosi Madikizela (Foto; Courtney Africa/African News Agency/ANA)

Bonginkosi Madikizela het Woensdag sy bedanking as leier van die DA in die Wes-Kaap ingedien. Madikizela het dié leiersposisie langer as drie jaar beklee.

Madikizela se bedanking volg kort nadat hy vroeër vandeesmaand as provinsiale LUR vir vervoer geskors is nadat dit aan die lig gekom het dat hy nie die BCom-graad verwerf het waarop hy in sy CV aanspraak maak nie.

Die Wes-Kaapse DA-voorsitter, Jaco Londt, sê die opposisieparty respekteer Madikizela se besluit om as leier uit te tree. “Dit toon duidelik die verskil tussen die DA en die ANC,” meen Londt.

Alan Winde, premier van die Wes-Kaap, het op sy beurt gesê Madikizela se besluit was onder die omstandighede “die regte en eerbare ding om te doen”.

Albert Fritz sal voortaan die waarnemende provinsiale leier van die DA bly totdat die party op 29 Mei ’n tussentydse leier tydens die sitting van die provinsiale raad sal verkies.

“Ons sien daarna uit om vorentoe saam met [Madikizela] as ’n kollega in die DA te werk.”

Maroela Media het vroeër berig Madikizela was een van drie kandidate vir die DA-kandidatuur om die Kaapse burgemeesterskap. Die oorblywende twee is die huidige burgemeester, Dan Plato, en die DA-parlementslid Geordin Hill-Lewis.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

SomeOne ·

ek stel voor dat daar ‘n reëling ingestel moet word indien jy wegloop, weggejaag, verban, of bedank uit een party, moet daar ses maande verloop voor jy by enige ander party kan aansluit

Jaco ·

Hoe is dit dan dat die leier van die DA in die Wes-Kaap net ‘n gewone minister/LUR is, terwyl ‘n senior DA lid die premier is? Voeg elkeen se ras by en die prentjie raak nog meer absurd. Die DA is dan VIR regstellende aksie en BEE.
Miskien steek daar tog ‘n tikkie waarheid in die ANC se gedurige uitkryt van die DA met die uitdrukking “die rassistiese DA”.

Boerkind ·

Skande! Tipies geen eer en morele waardes nie… lieg op ‘n CV en vra nie eens om verskoning nie! Dit is bedrog en moet strafregtelik ondersoek word. Hoe kan dit wees dat die DA dit nie geweet het nie? Daar is streng verifikasie voorskrifte….

johann ·

Hy het ten minste die eerbare ding gedoen om te bedank. Anders as so veel ander wat klou aan hulle poste. En ja, as hy oor stap na ‘n ander party sal ek my opinie van hom verander

Dirk Mostert ·

Dit sou meer eerbaar wees om nie sy pos onder ‘n vals CV te aanvaar nie.

Genis ·

Dit sal eerbaar wees as die DA, die sogenaamde kwalifikasie verifieer… Dis wat die gewone maatskappye doen…. ? Groot rooi vlag

Snowball ·

Hy het nie die graad verwerf waarop hy aanspraak gemaak het in sy CV nie – so mooi gestel – eintlik moet jy lees, hy het gelieg oor sy kwalifikasie. Hy is ook nie die enigste een nie.
Eerlikheid en ‘n gewete het skynbaar iets raar geword.
Hoeveel leuens, bedrog en korrupsie neem dit voordat alle geloofwaardigheid en vertroue in politici in SA verwoes is?

Kobus ·

DA het meer probleme binne hulle eie party .Met al hierdie woelinge wonder ek hoe lank nog voordat hulle ook gaan verdwyn. Swak opposisie party.Wil net heeltyd hof toe.

Jaco ·

Ek het ook gelieg oor my kwalifikasies. My CV het bloot gesê “studied at university”. Ek het stilgebly oor die 2 grade wat ek daar verwerf het. Ek was moeg daarvan om aanmekaar te hoor “u is verkeerd gekwalifiseer” en “u is te hoog gekwalifiseer”. EN dan was daar nog die alewige “verkeerde” velkleur ook.
Vandat ek stilgebly het oor my universiteitsgrade en eintlik myself dus as “dommer” voorgedoen het ek beter, minder kwetsende werksonderhoude gehad en uiteindelik het ek weer ordentlike werk gekry. Maar die skade is gedoen: ek moet jare se skuld afwerk; skuld wat opgebou het in die werklose jare toe ek eerlik wel my kwalifikasies op my CV aangedui het.
Miskien is weglieg beter as bylieg.

Tino ·

Die DA gaan nooit hierdie land kan regeer met sulke blunders wat voorlopend deurkom nie. Waar was die huis werk gedoen tydens sy aanstelling?

Dit wys dat hulle so stabil is soos sinksand

Theuns ·

Baie dankie mnr Bonginkosi Madikizela ! Jy is ‘n beter mens as die wat jou uit forceer het. Het die kwalifikasie jou werk beïnvloed ? Nee jy was uitstekend. Het jy ‘n laer kwalifikasie- matriek- as Steenhuizen en Mazzoni wat jou uitlaat gaan? Nee, jou kwalifikasie is presies dieselfde nl matriek. DA moet leiers kry wat hul nie deur CNA/ANC/EFF laat voorskryf nie. Hul moes Mnr Madikizela se verduideliking dat hy verkeerd was, aanvaar het en hy kon aangebly het. Die kinderagtige optrede deur DA het bevestig hulle het GEEN ruggraat teen CAN/ANC/EFF nie . NS. Hoe anders is Mnr Madikizela se optrede as die van CNA/ANC se top 6 wat van bedrog aangekla is aar togelaat word en rustig aangaan! Hierdie is AFRIKA NIE EUROPA NIE!! WAKE UP BRU!!Raak ontslae van Steenhuizen en Mazzoni dan praat ons weer.

Genis ·

Bedrog is bedrog, hoekom die EERBARE doen as jy eers uitgevang is.. dit sou eerbaar wees gewees het om dit nie te doen nie

Genis ·

Voetljies van enerese vere? Skandalig as jy my vra… DA=ANC? BASIC THING (Verify education)… BBEEE

JohanR ·

Die man is darem eerbaar. Moet nog die worde “Ace Magashule bedank” hoor.

Theuns ·

Wonder of sekere high flying skreeuende gryskop mense nie gewaarsku is om hul CV’s op datum te bring nie? Wonder maar net, veral met feit dat dit al hoe meer duidelik word dat DA maar nes ANC is met laaggeskoolde “leiers” met massiewe EGO’s. Hul is nie my stem as Afrikaanse werd nie. Daar is GEEN rede vir die targeting van Madikizela nie. In verlede was DA met prokureurs, dokters ens gelei nie gewone martkulante all over the show nie! ANC lite pas 110%. Steenhuizen is ‘n grap nes sy speaker. Mnr Madikizela stap uit as wenner teen die kindertuin se klassie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.