Wet oor vuurwapenbeheer steeds hangende

vuurwapen-rewolwer-koeels-wapen

Argieffoto (Foto: Stevepb/Pixabay.com)

Die Konsepwysigingswetsontwerp op die Beheer van Vuurwapens is steeds hangende en die VF Plus het voorsien dat dit weens verskeie redes nie in hierdie jaar afgehandel sal word nie.

Een van die redes is die stroom van besware in die vorm van griefskrifte en voorleggings van sowat 170 000 lede van die publiek en verskeie organisasies. “Dit is verblydend aangesien dit wys dat openbare protes en insette wel ʼn invloed kan hê op eensydige en drakoniese regeringsbesluite,” sê Pieter Groenewald, leier van die VF Plus.

ʼn Verdere rede is dat die wetsontwerp nou ook nie meer as prioriteit by die portefeuljekomitee van polisie hanteer word nie.

“Dit beteken egter nie die einde van die absurde konsepwet nie en die VF Plus sal die verdere proses met valkoë dophou om te kyk of die departement en kabinet hulle steur aan die besware al dan nie.”

Van die regulasies wat met teenkanting begroet is, raak die jaggemeenskap, maar dit is veral die voorstel dat die besit van vuurwapens vir selfverdediging as kategorie geskrap moet word, wat wye verset van die algemene publiek ontlok het.

“Hierdie voorstel is niks anders nie as ʼn poging om die publiek te ontwapen. In ʼn land waar misdaad hand oor hand toeneem, sal dit Suid-Afrikaanse burgers uiters kwesbaar laat teen misdadigers en sal hulle die reg ontneem om hulself, hul geliefdes en eiendom te beskerm.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Pieter ·

Ons sit mos met menisters wat nie op skool was nie. Hulle sit die hele dag en nonsens uit dink want hulle weet nie hoe om hulle werk reg te doen nie. En om te dink ons belastingbetalers moet julle klomp on bevoegde narre se selarisse betaal.

Alet ·

Hulle moet maar die ding fyn dophou. Die regering het n manier om iets op ys te sit, totdat almal rustig is daaroor en dan glip hulle dit skelmpies by n agterdeur in

Tikkel Tokkel Jimpels Gogga ·

Die dag as ons nie meer wettiglik ñ vuurwapen vir selfverdediging mag aanhou nie, daardie dag gaan koop ek vir my ñ arsenaal vuurwapens op die swartmark. Want dit is presies wat gaan gebeur. Die swartmark in vuurwapen handel gaan “boom”! Soos dit nou is kon die vrotsige SAPS dalk nog soortvan wettige vuurwapens reguleer, maar ek is bevrees dit gaan nie daarna meer gebeur nie. Julle gaan ñ samelewing buite beheer sien. Maak maar dan julleself reg vir ñ kleinskaalse oorloggie, dan gaan ons sien hoe polisiëer hierdie klomp slimjanne alle vuurwapens en handhaaf wet en orde!

VaalDonkie ·

Moenie “swartmark” toe hol nie. Jy gaan net by ‘n polisieman koop wat jou gaan arresteer. Leer eerder karate of iets.

Harley Davidson ·

Ek dink dit gaan bloot oor ontwapening en weereens is daar nie gedink aan die nagevolge van hulle ondeurdagte besluit nie.

Andries ·

Hou veral dop wat gebeur gedurende die feestyd wanneer almal ‘n slag wil ontspan – die anc het mos die agterbaks verwerplike manier om twyfelagtige wette in Desember deur te konkel.

JohnnyS ·

Tong-in-die-kies : Hoekom sukkel om lisensie te kry, kry ‘n paar vriende – stap by naaste polisie kantoor in en vat wat jy nodig het. En dan so in die verbyry roof sommer ‘n paar plekke met die speelgoed.

Dup ·

Moenie dink hierdie “voorstel” gaan nie deurgevoer word nie.Alles is haarfyn beplan en is deel van die A en C se kommunistiese meesterplan.

Shakespeare ·

As gewere verban word gaan anargie en geweer smokkel handel deur die dak skiet. Werkloosheid gaan ‘n groot hupstoot kry. RSA sal net die tweede land saam met Eritrea wees wat wapens totaal verban.

Nico ·

Wat gaan die regering en die minister van polisie doen omtrent al die onwettige vuurwapens en dit wat onwettig ingesmokkel word, Mnr. Cele en die regering moet eers die onwettige vuurwapens stop, dit sal nie maklik gebeur nie. Word ‘n inbreker geskiet dan is die eienaar skuldig aan moord, die swartman kan maar moor en skiet net soos hulle wil. Mnr. Cele wat ‘n onderwyser was is nie bevoeg vir die pos nie.

Jacobus ·

Die verkiesing is verby so hierdie wet sal voor die nasionale verkiesing weer sy kop uitsteek. Dit is die enigste manier hoe hierdie klomp korrupte ANC terroriste by die onkundige meerderheid stemme kry, dit is om die witte te verneder en te ontwapen. Dan kan ANC stemmers plunder en moor sonder dat n skoot geskiet word, presies soos hulle in Suid Afrika beheer gekry het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.