Wildtuinhek die naweek gesluit

Die Paul Kruger-hek. Foto: http://greater.krugerpark.co.za/

Die Paul Kruger-hek. Foto: http://greater.krugerpark.co.za/

Wildtuinbesoekers wat beplan het om die naweek deur die Paul Kruger-hek op die R536 die Krugerwildtuin in of uit te gaan, is gevra om van ander hekke gebruik te maak.

William Mabasa, woordvoerder van SANParke, het in ʼn verklaring gesê die Paul Kruger-hek sal die naweek gesluit wees weens ʼn diensleweringbetoging in die gebied. “Ons is nie seker of die betogings al opgehou het of steeds aan die gang is nie en daarom word gaste aangeraai om eerder nie van hierdie roete gebruik te maak nie,” het Mabasa gesê.

Inwoners van Mkhuhlu betoog oor swak dienslewering in die gebied.

Mabasa het motoriste aangeraai om die Phabeni- of Numbi-hekke te gebruik tot verdere kennisgewing. Die Phabeni-hek is sowat 10 km vanaf Hazyview op die R536 terwyl die Numbi-hek ongeveer 31 km vanaf Witrivier en 52 km vanaf Nelspruit op die R40 is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

12 Kommentare

jongste oudste gewildste
Josua Keys

Nou het ek al alles gehoor, kan jy nou meer, 7( SAI) Suid Afrikaanse Infantarie eenheid hoop dit is nog wat die eenheid bekend staan is reg langs Kruger hek jy ry regvoor die eenheid verby om by Kruger hek in te gaan, stel die weermaglede saam die Phalaborwa Polisie daar aan diens om die paaie in en om Phalaborwa te beskerm en te patrolleer. Sodra mense wil Toi Toi oor een of ander ongelukkigheid moet iets mos gebrand, verniel,gebreek of ontwrig word, ek was in Phalaborwa in die eenheid vir diensplik en kan julle belowe as daar net gerugte… Lees meer »

Ander Koos

Diensleweringbetoging? Hoe rym dit? Het die gemeenskap wat nou betoog nie enkele dae gelede vir dieselfde regering waarteen hulle nou weer betoog, gestem nie? Of is dit ‘n verskuilde agenda?

Lance

Maak nie saak nie waar nie …hulle kan ry tot daar en hulle werk doen goeie jimmel !

barend

josua,enige person wat dink dat die D.A die oplossing is lewe n droom word wakker die D.A IS DIE EERSTE WAT SAL VLUG AS DIE PAW PAW DIE FAN STRIKE ,hulle is n klomp vroue en pompom boys wat net kan praat en dans en skreeu .ons oplosings le in dade en mense wat visie het en wat kan werk en wat gelovig is .nie almal kan dit verstaan nie .alles wat die boere volk opgebou het gaan vernietig word ALLES wat westers is sal venietig word ,kyk op tv hulle dra al almal hulle uniforms met die rooi sterertjie… Lees meer »

Arie

Wat ek nooit sal verstaan nie is dat die “mense” steeds anc stem,