Woede oor miljoene vir Kubane wat SA onnies oplei

Die minister van basiese onderwys, Angie Motshekga. (Skermgreep: Newzroom Afrika)

Die departement van basiese onderwys het die afgelope vyf jaar miljoene rande opgedok aan Kubaanse spesialiste wat kwansuis Suid-Afrikaanse onderwysers in wiskunde en wetenskap moet oplei.

Onderwyskenners beskou dit as ʼn klap in die gesig van Suid-Afrikaanse onderwysers wat kenners op hul vakgebied is.

Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, het in antwoord op ʼn parlementêre vraag van die DA gesê haar departement het ʼn ooreenkoms met Kuba dat sowat 20 spesialiste vir vyf jaar aangestel word. Die ooreenkoms geld vanaf 2017 tot 2022.

Sedertdien is tussen 14 en 19 Kubane jaarliks in die nasionale of van die provinsiale departemente van onderwys werksaam. Dié spesialiste kry ʼn jaarlikse salaris van net meer as R733 000 per jaar, wat beteken dat die regering sedert 2017 jaarliks tussen R10 miljoen en R14 miljoen aan die Kubane bestee het.

Volgens resultate van die Trends in International Mathematics and Science Study (TIMSS) vir 2019 is die standaard van Suid-Afrikaanse leerders in graad 5 en 9 in wiskunde en wetenskap steeds van die heel swakste in die wêreld.

“Die Kubane is spesialiste in wiskunde en wetenskap. Hierdie vakke word beskou as skaars vaardighede en ons sukkel om behoorlik opgeleide onderwysers hiervoor te kry. Die spesialiste is besonder bekwaam daarin om onderwysers te help om moeilike konsepte in dié vakke baas te raak,” sê Motshekga in haar antwoord. “Sedert die Kubane aangestel is, het hulle die departement aansienlik gehelp om materiaal te ontwikkel om moeilike konsepte aan onderwysers oor te dra en ook om beter maniere te ontwikkel om uitdagings in die onderrig van wiskunde te oorkom.”

(Foto: Christa Steyn Bezuidenhout)

Dié opmerking krap onderwyskenners egter omtrent om. “Dit is onaanvaarbaar dat Suid-Afrika buitelanders aanstel terwyl daar onderwysers in ons land is wat uiters kundig op dié vakgebied is,” sê Desiree van der Walt, die DA se skaduminister van onderwys.

Sy is boonop skepties oor hoekom juis Kubane aangestel is, aangesien die taal alleen reeds ʼn uitdaging is. Dit is nie seker hoe suksesvol Kubaanse onderwysers in hul eie land is nie, aangesien Kuba aan geen internasionale assesserings vir onderwys deelneem nie.

Solidariteit se Skoleondersteuningsentrum (SOS) het ook uitgevaar teen dié ooreenkoms met Kuba.

“Belastinggeld wat ten duurste aan sogenaamde Kubaanse kenners bestee word, is ʼn klap in die gesig van belastingbetalers en onderwysinstellings wat oor uitstekend opgeleide kenners beskik wat die plaaslike konteks, kultuur en unieke uitdagings van gemeenskappe ken,” sê Leon Fourie, uitvoerende hoof van die SOS.

Hy wys daarop dat Suid-Afrika self verskeie onderwyskenners met dieselfde en hoër akademiese kwalifikasies as die Kubaanse spesialiste het.

Celeste Labuschagne, hoof van WETO (Wetenskaponderwysersvereniging) by die SOS, sê daar is baie Afrikaanse onderwysers met omvangryke ervaring in wetenskaponderrig wat ʼn groot bydrae tot Suid-Afrikaanse onderwys kan lewer. “Geen van hierdie vakkenners is deur die onderwysdepartement genader aangaande ʼn probleem met wetenskap in Suid-Afrikaanse skole nie. Die SOS beskik self ook oor onderwyskenners wat graag van hul kundigheid sal deel op die gebied van wetenskaponderrig in Suid-Afrika.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

47 Kommentare

Oom Hennie Pennie ·

Hoekom kan vakbonde en bestuur liggame nie opstaan hierteen nie?

RB ·

Ek reken daar is genoeg rede om die ANC as party hof toe te sleep. Hulle as party skuld die Kubane vir hulp met hul vryheidstryd in die verlede.

Dis eenvoudig onaanvaarbaar dat ons belastinggeld gebruik (vermors) word om hulle skuld op diè manier te betaal.

Kokerboom ·

Wat is die vervloekte ANC kader se obsessie met die Kubane? Ons weet dis pay back time maar waaragrig het die skepsels GEEN waarde vir geld. Het hul geen skaamte of gewete? Die twak moet nou stop!! Hoe regverdig hul die sinnelose aksies????

Kokerboom ·

By stembus Stefan. Die dilemma in SA is egter NIE ANC of korrupsie(dit ook) maar die stemgeregtigdes!!!!

Di ·

Dit gaan als net oor “payback time” vir die Kubane. Selfde storie met die klomp wat kamstig SA toe moes kom om riool probleme te kom uitsorteer teen miljoene rande. Dis al net ‘n klugspul, verryk Kubane uit ons belasting betalers se geld, skuld hulle mos vir hulle bystand tydens apartheid.

Drico ·

Kubane word ingevoer as dokters, ingeneurs in waterwerke en as spesialiste in onderwys. Daar is mos nou onlangs berig dat die ANC besig is om hul skuld aan Kuba terug te betaal op hierdie manier. Nou ja, dit spreek hard en duidelik wie die ANC terroriste van opleiding en wapens en bomme voorsien het voor 1994 en waarom daar terugbetaling verwag word.

Pieter ·

Die probleem is dat hul Kuba terugbetaal vir hul guns te voor 1994. Na 1994 weet ons dat die ANC met ander partye gekonkel het vir skuld en bystand, veral met Rusland en China. Dus dit is ook payback time vir hulle. So maak hulle ons lae klas inwoners van die land. Duidelik sal ‘n land soos China die ANC in beheer wil laat van Suid Afrika.

Johan ·

Wie gee om..meeste Suid-Afrikaners is in elkgeval onopleibaar, dat die kubane maar probeer dalk kry hul iets oor 40jaar reg.

Rian ·

Anc nee wragtig man! Julle maak nou absolute gekke van julself.

Anel ·

Dom, dommer, domste. As dit nie so tragies was nie kon die baie snaaks gewees het. En maak net die stelling reg. Watter kinders is die domstes. Ons Afrikaanse skole se kinders was laas 4 de in wêreld. Waar op die ranglys lê die wonderlike kubane? Hulle verdien nie ‘n hoofletter nie. Ons moet miskuen net oppas dat ons nie een van die dae nog ‘n kubaanse president ook kry nie, met die dat ons nou al hulle dokters, ingeneurs, onderwysers het nie. Wat van hulle is nog hier! En ons sien nog steeds geen verbetering hoe genaamde nie. Nou wonder ek maar net…

Duan ·

Niks wat die ANC doen verbaas mens meer nie !!!!! Mens lees die belaglike goed wat hulle kweit raak en sug maar net

Moeggeploeg ·

Lê die probleem by onderwysers of die persone wat hulle moet leër. Miljoene rand word so gemors en die spaar varkie droog op

koos10 ·

En weereens betaal Jan Publiek die ANC se politieke skuld met belasting geld!

Adri ·

Narre kom lei narre op en ons moet betaal daarvoor! Waar gaan dit eindig?

Harley Davidson ·

Hierdie is net nog ‘n bewys hoekom ons ‘n onafhanklike tuisstaat moet kry ,die alternatiewe is totale verval en n ongeskoolde jeug wat tot totale anargie sal lei.

christo ·

Hoeveel moet SA nog steeds betaal aan Kuba? Dit net omdat die SAW hulle ‘n snotklap in Angola gegee het.
36 jaar al ‘n onderwyser en ek droom net van so ‘n salaris. Daardie geld kon gebruik word om behoorlike toilette te bou.
‘n Mens sukkel soms verskriklik om van ‘n kakkerlak plaag ontslae te raak…

Deon ·

Die minister weet presies waar die probleem met die vakke is, sy se dat onderwysers self nog die vak leer terwyl hulle die kinders moet leer!!??

Ian ·

Hulle moet eerder geleer word om op te hou lieg vir die nasie. Die wiele kom klaar af.

Danie ·

Hierdie is net weereens n bewys dat hierdie regering n kommunistiese regering is. Hulle vereenselwig hulle met kommunisme en jammer om dit te se maar as ons nie ons slapg@t gaan lig en self iets doen nie gaan niemand anders dit vir ons doen nie. Geen vakbond, geen bestuursliggame nie niemand nie.

Sarel ·

Sedert 2017…dit is nou 2021…hoekom skrik due DA
nou wskker…verkiesingstyd??? Anders het ons nou nog nie dasrvan geweet nie

Hannes ·

Sy kan skaars praat. Wat weet sy van kundiges en spesialiste in ‘n vakgebied. Dis bietjie te dik vir ‘n daaler vir haar met ‘n graad drie begrip. Sy en die res van haar kollegas maak my naar!

Louisepretorius ·

Dit is uiters swak smaak.maar wat verwAg mens van die regering .hulle het nie geld. Maar die kubanw kry baie hoe sallarisse. SHAME!!!

Pieter ·

Ons blankes gaan nooit wakker skrik nie en ons gaan ook nooit standpunt in neem nie so hou op kla.

annie ·

Dit is eerder gerig op idiologiese indoktrinasie en moontlik ‘kundiges’ tov sosialisme en werkswyses om na Kuba se regeringstyl oor te skakel. Neem ‘n lesing skelm op. Dit behoort interessant te wees veral tov oordrag van wiskundige terme in lingo. Die konflik binne die ANC, alles so geheimsinnig en niemand wat niemand aanvat nie, dui daarop dat die ware ideologiese bloudruk verbloem moet bly. Ace het in Kuba geboer, selfs Castro se beeld opgerig en Cyril speel ‘angel’ om die buiteland “he called me ‘my friend'” te laat bly vir volhoubare pledges. Die ou mieliemeel is vol miet en wurms.

Oom Dawie ·

Ek is seker ons sit met genoeg mense op pensioen wat meer as bekwaam is om dié probleem te kan aanspreek. Skole regoor die land se punte wys waar die probleme lê en ons regering weier net eenvoudig om een Rand in die rigting te gooi van plaaslike wertlike kundiges.
Wonder wat van al die ander vakke – seker ook in n toestand… Regtig hartseer. Die onderwys is/was n edele beroep.

Strandloper ·

Ai tog…moet erg wees as jy geen selfvertoue het nie….tog volg jy westerse gebruike slaafs na… of eerder kubaanse…

Nico ·

Die ANC is ‘n Kommunistiese party dit is hoekom hulle Kubane gebruik wat ook Kommunisties is, die ANC is te bang vir die onderwysers wat wiskunde en wetenskap kan aanbied. Dit is weereens ‘n bewys dat die witman vertrap word deur mense wat nog niks kon opbou nie.

Jack ·

Ek verstaan nie hoe die bohaai nou gemaak word terwyl dit reeds in 2017 begin het nie. Is dit weereens weggesteek soos wat die slim minister altyd doen. Hoe leer jy iemand die moeilike konsep van wiskunde as hulle in matriek nie eers die begrip kon toon nie. Betaal net vir kuba die geld oor en los hul kundiges net daar. Hulle word ook seker verniet gehuisves en kos gegee. In elk geval is die vraag of die wiskunde slaagsyfer nou beter is as in 2017?

Nie Verbaas ·

Ons kan sien aan die 30% slaagpunt dat die opleiding “suksesvol” is. Wat n grap. Ons het uitstekende onderwys personeel in ons land om onderwyseres op te lei maar hulle is ongelukkig van die verkeerde etniese groep.

Yvonne ·

Wat is die regering se storie met Kubane,,,,iemand skuld hulle lyk my baie..wonder maar net

Gert ·

Dit is nie pay back time nie want die Kubane was hier onder DWANG van Die Sowjet Unie om Afrika te ‘Kommunisieer’!
Die Opposisie partye in die parliment, Corruption Watch, Solidariteit, Crime Watch Corruption Watch, Agri Forum, en al die Media huise moet vas stel in WIE se rekenigng/e hiedie ‘Salarisse’ inbetaal WORD! Is hier nog ‘n geheime KORRUPSIE Kanaal/e. Verwys ook Kubanse Ingenieurs vir water probleme, Weermag versieners Mediese ‘Spesialiste’ ens!(Probleme nog on opgelos!)
Was en is al hierdie Kubane gekwalifiseer en geregistreer om in SA te Werk???

Samuel ·

Die ANC het nie nodig om enigiets te regverdig nie. Hulle help net hulle kommunistiese eweknieë.

Danie ·

Onopleibaar :-)
Die woord is nie naasteby beskrywend genoeg nie.

Loveleh ·

Angie Motsekga gee nie ‘n dooie duit om vir onderwysers nie. Die geld kan soveel beter bestee word. Ek wonder wat kry sy uit die deal uit.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.