Woodstock geruk deur ontploffing

Twee mense is beseer nadat ʼn gebou in Woodstock, Kaapstad, Donderdagaand deur ʼn ontploffing geruk is.

ʼn Brand het uitgebreek en talle klein ontploffings het hierna gevolg. Die voorval het op die hoek van Plein- en Victoriastraat plaasgevind.

Volgens JP Smith, burgemeesterskomiteelid vir veiligheid en sekuriteit in die Kaapstad-metroraad, is die brandweer ontbied.

“Twee mans het ernstige brandwonde tydens die voorval opgedoen en is na die Groote Schuur-hospitaal geneem vir behandeling.”

Paaie in die onmiddellike omgewing moes gesluit word terwyl brandbestryders die brand onder beheer gebring het.

Die oorsaak van die ontploffings is nog nie bekend nie en volgens Smith sal meer inligting bekend gemaak word sodra dit beskikbaar is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Samuel ·

Wetteloosheid seëvier in SA. JP Smith probeer werklik sy beste om sekuriteit in Kaapstad op te skerp.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.