Wysigings aan lisensiegeld verder gekap

(Argieffoto: Arrive Alive)

Die burgerregtegroep AfriForum het ʼn skriftelike voorlegging by die departement van vervoer ingedien waarin die voorgestelde wysigings aan lisensiegeld ingevolge regulasies van die Padverkeersbestuurkorporasie (RTMC) skerp gekritiseer word.

Maroela Media het vroeër berig die minister van vervoer, Fikile Mbalula, het die wysigings in die Staatskoerant aangekondig – en die voorstelle daarin vervat het tot ʼn herrie gelei.

Die wysigings hou onder meer verband met die geld wat betaal moet word vir dienste wat via die Nasionale Verkeersinligtingstelsel (NaTIS) gelewer word. Die konsepwysiging verhoog die bedrag van sekere transaksies en stel nuwe bykomende bedrae in vir die hernuwing van ’n rybewys.

Een van die voorstelle is dat motoriste voortaan R250 opdok net om ʼn aanlyn bespreking vir die hernuwing van ʼn rybewys te maak. Die aflewering van só ʼn kaart beloop R99, aanlyn registrasie van ʼn voertuig deur die eienaar sal ingevolge die voorstelle R700 beloop en ʼn aanlyn kennisgewing vir verandering van eienaarskap van ʼn voertuig sal jou ingevolge die voorstelle ook R700 uit die sak jaag.

ʼn Bedrag van R72 word boonop gehef vir elke transaksie wat gedoen word.

AfriForum sê hy het vier groot kwelpunte met die voorgestelde wysiging: Verwarring oor die besprekingsbedrag, bekostigbaarheid, foute met die NaTIS-stelsel en die feit dat die regulasies vaag is.

Die organisasie het ʼn beroep op Mbalula gedoen om die voorgestelde wysigings te heroorweeg en te herformuleer.

Jacques Broodryk, bestuurder van veldtogte by AfriForum, sê geen wysiging sou redelik en billik wees as dit veroorsaak dat mense betaal vir ʼn diens wat nie doeltreffend gelewer kan word nie. Indien betaling verwag word, moet daar ook ʼn waarborg wees dat die diens gelewer kan word.

“Dit is duidelik dat dit absurd sou wees om te verwag dat mense byna R500 elke vyf jaar moet betaal vir die hernuwing van hul rybewyse met ʼn stelsel wat nie doeltreffend werk nie. Boonop word daar van die publiek verwag om in te staan vir probleme wat ontstaan as gevolg van korrupsie, terwyl hulle in elk geval maande lank rondry met lisensies wat verval het terwyl die lisensiekantoor sy agterstand probeer uitwis,” sê Broodryk.

  • Die publiek het tot Saterdag geleentheid om insette op die wetsontwerp te lewer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Mieke ·

Hulle doen dit reeds. Maar nou raak dit absoluut buitensporig!! Reeds is Eskom se tariewe verhoog, rates snd taxes, motorvoertuig lisensies, waterverbruik, voedsel het astronomies verhoog, brandstof, ens. Niemand kan nog byhou nie!!

Cherokee ·

voeter soos in skop? Dan gee mense voor dat Afrikaans respekteer word.

Lourens CFG ·

Cherokee, ek neem aan voeter is gebruik pleks van die normale f– woord.
;-)

Gert ·

Geld maak storie op sy beste. Baie slim planne maar niks werk reg nie en jan allerman moet net betaal

Pieter ·

So as jy jou kar verkoop: R700 vir verandering van eiendom, R700 vir herregistrasie vir nuwe eienaar, R700 naastenby vir nuwe lisensie, en R72 vir administrasie. Om ‘n stelsel te onderhou wat befonds moet word uit die lisensiegeld wat jy reeds moet betaal, en die admin koste.
Die geld is eintlik nodig om die bak groter te maak waaruit geskep kan word.

RS ·

Die een wat die goed uitdink het self seker nie eens n rybewys of n voertuig nie…wat nog te se van n idee he oor hoe die uitgawes beloop om n voertuig op die pad te hou of te lisensieer.

Johann ·

Die ANC se eie sakke is leeg….en Fikile is die ANC se verkiesings “beampte”…

fransdutoit3 ·

Absoluut belaglik.. Geldmaak deur ‘n bankrot regering..

Pablo ·

Gryp soveel geld as moontlik voor ons by die donkiekar uitkom. Want dit is waarheen ons oppad is.

Johan ·

Modereer en wysig vir wat,maroela,is julle die kluts kwyt!?

Yvonne ·

My beskeie mening….hierdie idee was van die begin af n geldmaak foefie aan die hand van baie kantore wat ondoeltreffend bestuur is…wat n gemors

Jack ·

Nog n melkkoei is uitgedink om die anc wat soos die land bankkrot is te finansier. Wat n siek brein dink die irrasionele goed uit. Gee die minister opleiding in ekonomie en finansiele bestuur dan sal hy sy fout dalk raaksien.

Piet parys ·

Privaatiseer die staat instansie is al wat sal werk maar nie deur hulle maatjies nie . Maak n tender oop .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.