Zondo-kommissie: Zuma-uitspraak stuur belangrike boodskap 

Oudpres. Jacob Zuma. (Foto: Sandile Ndlovu/Pool)

Die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping is vol lof vir die Konstitusionele Hof wat oudpres. Jacob Zuma 15 maande tronkstraf opgelê het vir minagting van ʼn bevel om voor die kommissie te verskyn.

“Die kommissie beskou die uitspraak as van die grootste belang vir die oppergesag van die reg, die beginsel van gelykheid voor die reg, die voorrang van ons Grondwet en die beskerming van ons grondwetlike demokrasie,” het prof. Itumeleng Mosala, sekretaris van die kommissie, gesê.

In ʼn meerderheidsuitspraak het die regters van die Konstitusionele Hof, die land se hoogste hof, bevind die oudpresident moet hom binne vyf dae by die Nkandla- of Johannesburg-Sentraal-polisie aanmeld om sy vonnis te begin uitdien.

Die uitspraak is volgens die kommissie ook belangrik vir die onafhanklikheid van die land se regbank. Volgens die kommissie stuur die uitspraak ʼn baie belangrike boodskap aan almal in die land dat daar ernstige gevolge is vir diegene wat dagvaardings en hofbevele minag en dat sulke gedrag nie geduld sal word nie, ongeag wie die persoon in die samelewing is.

“Die kommissie sal voortgaan met sy werk in die wete dat die hoogste hof in die land dit duidelik gemaak het dat dagvaardings wat deur die kommissie uitgereik is, nagekom moet word en dat bevele van howe gehoorsaam moet word,” het Mosala gesê.

Waarnemende hoofregter Sisi Khampepe het in gister se uitspraak gesê die hof het geen ander keuse gehad as om Zuma ʼn straf van gevangenisskap op te lê nie en dat niemand bo die reg verhewe is nie.

Indien Zuma hom nie binne die voorgeskrewe tydperk aanmeld nie, het die hof beveel dat die polisie hom binne drie dae moet aankeer sodat hy sy vonnis kan begin uitdien.

Khampepe het in die uitspraak gesê die Konstitusionele Hof sou “naïef” wees om te glo dat Zuma sy samewerking sou gee indien hy enigiets anders as tronkstraf opgelê word. Die oudpresident het vantevore en by herhaling gesê hy sal eerder tronk toe gaan as om aan die bevel gehoor te gee.

Die regters het Zuma tronkstraf opgelê, maar terselfdertyd gesê dit kan nie die skade wat Zuma aan die regbank aangerig het, vasvang nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Werner ·

Nog geen boodskap is gestuur nie Zuma is nog nie in die tronk nie

Jaco ·

Almal op maroelamedia.co.za juig oor 1 man nou tronk toe gaan. Onthou egter net, dieselfde regstelsel wat Zuma nou tronk toe stuur, sê regstellende aksie en BEE is reg en gaan dieselfde sê oor onteiening sonder vergoeding. Oor 15 maande of selfs minder, kom Zuma uit die tronk en gaan hy terug na sy paleis in Nkandla. Maar wit mense gaan STEEDS sit met regstellende aksie, BEE, plaasaanvalle, plaasmoorde, onteiening sonder vergoeding ens ens. So moenie te veel juig oor 1 man wat nou tronk toe gaan nie.

Nici ·

Dat ‘n hof Zuma sou tronk toe stuur is ‘n wonderwerk. Een wonderwerk op ‘n slag sal die land beter word.

Werner ·

Jaco jy is 100% reg.Jammer agnes enNici help nie om jouself te bluf sodat jy dink dit gaan beter in die land gaan nie .Dit gaan net soos tans die geval net al hoe slegter gaan.En Zuma is nog ver vd tronk af

Thom ·

As ek in ‘n moeilike situasie kom lees ek net Jaco se kommentaar oor absoluut enige onderwerp ; ek besef dan hoe fantasties die lewe en die land is as jy dit wil raaksien . Ek het nog NOOIT enige positiewe bydrae van hom gesien nie , negatief en rasbehep . Dankie Jaco , wanneer ek dink dat my lewe nie kan slegter nie dink ek net aan hoe bitter joune moet wees !

Jaco ·

Eendag sal julle nog besef ek was al die tyd reg. Vir party van my kritici op maroelamedia.co.za bestaan regstellende aksie en BEE blykbaar nie. Onteiening sonder vergoeding is blykbaar nie oppad nie en ramaphosa het blykbaar nooit gesê die rol van wit mense in die ekonomie moet stop nie. Net vreemd dat maroelamedia.co.za oor AL dié goed berig het.

agnes ·

Halleluja! So dankbaar, uiteindelik werk SA se volke saam en het ons n toekoms

Boksombende ·

‘n Goeie stap in die regte rigting, maar ek dink om te se ons almal werk nou mooi saam vat dinge bietjie te ver.

Fedup ·

15 months for destroying a country.
I should have applied for that opening.

Andréas ·

The “guilty” decision is one of 15 months imprisonment for contempt of court. All the other charges against him still stands… Which position is now “vacant?”

Nicolene ·

O’k, beteken dit nou hy word gevrywaar van die Zondo Komm? Want tot wanneer is die Zondo komm nog aan die gang…

minnie muis ·

dis net vir regverydeling , zondo kommisie gaan voort

Dirk Mostert ·

Maar hoe gaan hy voor die kommissie verskyn terwyl hy in die tronk is?

Nicolene ·

Maar Zondo Komm is aan die gang tot Sept indien hulle aansoek vir uitstel goedgekeur was. Wat daarna?

marius ·

Dis presies waaroor dit gaan . Smoke and mirrors . As hy sy voetjies oor ‘n drumpel sit gaan hy shabir siekte kry , en boonop ikoon status bekom . Alles deel van hul planne .

annie ·

Volgens die Zuma-Stigting wil hy glo die nasie toespreek. Is dit toelaatbaar dat ‘n veroordeelde toesprake afsteek om sy glo onskuld te verkondig, maar weier om dit onder eed in ‘n hof te doen. En moontlik die massas opsweep tot aksie teen sy skuldigbevinding. Iewers moet daar ‘n wet teen soiets wees.

Vernon ·

Hy gaan verseker n Nkandlaaaaa kiem oor n dag of 2 ontwikkel. Als is n grap. Wonder of Hoed hom sal gaan haal?

Dirk Mostert ·

Wat van Edward Zuma wat op TV sy minagting van die hofuitspraak uitgespreek het. (Iets soos. “oor my dooie liggaam sal my pa tronk toe gaan”). Kan hy nie ook aangekla word nie?

Jacobus ·

Moenie liggelowig wees nie – sal eers glo wanneer hy in tjoekie is. Nou wat van die duisende miljoenêr kaders!

Pietertjie ·

Ek dog lasbriewe is onmiddellik van krag. Hoekom kry zoompie die vyf dae plus drie dae grasie? Is hy nog steeds verhewe bo die Wet, of het hy nou tyd om te ontsnap, of in ‘n hospitaal in Dubai opgeneem te word? Of om weer sy appèl dokumente in te dien?
Ek sal die storie eers glo as die tronkdeure agter hom toeslaan.

Hendrik Marthinus ·

Hulle gaan kamstig wys hoe hy aanmeld vir Sy tronkstraf, soos hy gaan inloop so loop hy by agter deur uit.
Die einste ANC gaan hom Dan weg steek vir Paar maande en weereens wys hoe hy kamstig uit tronk uit loop.
Nooit ooit Sal Hulle hom weggooi nie

Heinrich ·

Nee wat, nie naastenby 15 maande nie, hy is uit oor so vier maande op parool.
Ook net in RSA : neem een uit die tronk en maak hom president, neem dan ‘n oud-president en stuur hom tronk toe.
Ongeveer vier maande vir alles wat Zoempies aangevang het – cheap round.

LANA is ELANè ·

Ek verstaan glad nie die binne 5 dae tydperk nie, hulle moes hom onmiddelik inhegtenis geneem het, dan sou ek geglo het geregtigheid tov korrupte regeringsamptenare se dae is getel. Die 5 dae grasie is net as tyd gegun aan Zuma, om met een of ander duistere taktiek te kom, of om ‘n Shabir Schaik op SA te trek met die hulp van sy vriende in die regering.

Mariana ·

Die regters moet ook nou net verseker dat hy wel tronk toe sal gaan. Hy het mos ‘n manier om hom uit situasies wat hom nie pas te wikkel. Hy moet nou sy straf vat en ook die wat volg, indien enige.

Duncan ·

Dit stuur geen belangrike boodskap nie ,hy kry nog al sy presidential perks al is hy n veroordeelde misdadiger,so terwyl hy binne sit sorg belastingbetalers nog elke maand vir sy paypakkie.

Michael ·

Watse belangrike boodskap? Daar is derduisende bewyse teen ANC leiers, Guptas en ander, daars boeke geskryf met stawende bewyse van alles en NIKS GEBEUR NIE. So die regstelsel-konstitusionele hof ingesluit is dienstig aan ANC. Waarom wil mense dit nie insien nie. Laat daar nou bewyse in media teen jou en my bedrog gepubliseer word en boeke oor jou en my korrupsie geskryf word, was ons lankal in tronk. Wat ‘n grap is Zondo net nie-gaan abs niks van sy kommissie kom nie behalwe dat hy en sy medewerkers skatryk daaruit geword het

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.